Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Ondersoek na beweerde korrupsie by EOH afgehandel

Die ondersoek na beweerde korrupsie met staatskontrakte by EOH is afgehandel, het die tegnologiemaatskappy Woensdag aangekondig.

Die regsfirma ENSafrica het die ondersoek hanteer en ’n verslag daaroor aan EOH se direksie oorhandig.

Luidens ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens het die direksie die bevindinge van die verslag bestudeer en praat dit tans met rolspelers.

Die inhoud van die verslag is nog nie bekend nie. Volgens EOH gaan hy “relevante bevindinge” en “gevolglike stappe” op of kort ná 16 Julie aankondig.

Die beleerde maatskappy gaan reeds etlike maande gebuk onder bewerings van korrupsie in sy kontrakte met Eskom.

Die kragreus het ’n aankondiging hieroor in Januarie gedoen nadat ’n interne ondersoek onreëlmatighede opgespoor het in sy handelinge met EOH.

Daar word onder meer beweer dat die maatskappy ’n kontrak van R120 miljoen op ’n onvanpaste wyse met die Suid-Afrikaanse departement van verdediging aangegaan het.

’n Fluitjieblaser het die maatskappy in November by die Amerikaanse Securities & Exchange Commission (SEC) gaan aanmeld, waarna Microsoft ’n jarelange kontrak met EOH beëindig het.

Dié stap het die maatskappy se inkomste ’n enorme knou toegedien.

EOH het vandeesweek ook die verkoop van sy belang van 70% in Construction Computer Software (CCS) vir R444 miljoen aangekondig.

EOH het sy belang in CCS aan die Duitse tegnologiefirma RIB verkoop. Hy gaan dié geld gebruik om van sy skuld te delg.

Die maatskappy het Woensdag teen R19,51 verhandel, 1,6% laer as sluitingstyd Dinsdag. 

Meer oor:  Eoh  |  Eoh Holdings  |  Tegnologie  |  Bedrog  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.