Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Pasop! Dié apps steel jou geld

iPhone-gebruikers moet ligloop vir twee fiksheidsapps wat net ’n bedrogspul is om jou geld te steel.

Fitness Balance en Calories Tracker is albei vermoedelik deur dieselfde persoon vervaardig, waarsku Eset, ’n vervaardiger van antivirusprogrammatuur.

Albei apps gebruik jou vingerafdruk om aankope op jou gekoppelde kredietkaart te maak, sê Eset.

Fitness Balance is kwansuis ontwerp om jou te help om fikser te word, maar voordat die app jou treë begin tel, moet jy jou vingerafdruk verskaf.

Volgens ’n boodskap in die app word jou vingerafdruk benodig om “kalorieë te meet” en dieetvoorstelle te maak.

Op die agtergrond is die app egter besig om ’n aankoop op jou gekoppelde kredietkaart te maak.

Slim Reddit-gebruikers het skermgrepe van die bedrogspul gedeel en ander gewaarsku om nie daarvoor te val nie.

Daar verskyn eers ’n afsonderlike skerm voordat jy die bedrieglike aankoop met jou Apple-rekening maak, maar omdat jou vinger reeds op die vingerafdrukskandeerder is (soos wat die app vereis), gaan die betaling deur voordat jy besef wat aangaan.

In sommige gevalle word tot R2 200 só gesteel.

Albei apps is intussen uit die Apple-winkel verwyder, maar enigiemand wat dit reeds afgelaai het, sal steeds toegang hê.

Enigiemand wat vir dié foefie geval het, kan ’n terugbetaling van Apple versoek, maar daar is geen waarborg dat dit toegestaan kan word nie.

Hoe weet ek of ’n app veilig is?

Maak altyd seker die app is deur ’n bekende handelsnaam geskep; minstens ’n maatskappy of entiteit met ’n eie webblad wat jy kan besoek en bevestig die app is eg.

Die naam van die maatskappy, entiteit of persoon wat die app geskep het, verskyn onder die app se naam in die Apple-winkel.

Kyk ook altyd na die resensies wat apps kry, en nie net die stergradering nie. Skelms sal dikwels seker maak hul apps het ’n uitstekende stergradering, maar by nadere ondersoek sal klagtes in die kommentaarveld die app se ware kleure verklap.

Meer oor:  Apple  |  Iphone  |  Tegnologie  |  Slenter  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.