Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Pasop! Nuwe Windows gee groot probleme
Windows 10 se jongste bywerking gee probleme.Foto: Getty Images

Microsoft het inderhaas die jongste bywerking van Windows 10 aan die mark onttrek nadat talle gebruikers gekla het dit is onstabiel.

Die tegnologiereus het sy sogenaamde “October 2018 Update” tydens sy Surface-konferensie verlede week bekend gestel.

Maar kort voor lank het gebruikers probleme begin optel, onder meer dat dokumente vanself uitgewis word.

Watter weergawe van Windows 10 word geraak?

Luidens Microsoft se webwerf is dit sy Windows 10 October 2018 Update (weergawe 1809) wat gebruikers se dokumente uitwis.

Die maatskappy het ’n waarskuwing op sy webwerf geplaas wat gebruikers vra om asseblief nie die jongste bywerking te installeer nie.

Windows het intussen die bywerking aan die mark onttrek.

Buiten die uitwis van dokumente, het die jongste bywerking ook veroorsaak dat sommige gebruikers se webblaaiers nie aan die internet wou verbind nie, en in ander gevalle het die rekenaar se Intel-skyfies aangedui die bywerking kan nie ondersteun word nie.

Een gebruiker het aan Forbes gesê sy vrou het al haar foto’s en dokumente van die laaste vyf jaar verloor.

Selfs al wis gebruikers die nuwe bywerking van Windows 10 uit en keer terug na ’n vorige weergawe, is die betrokke lêers skynbaar vir altyd verlore.

Dit is onbekend hoeveel gebruikers deur die gogga geraak is, maar verskeie klagtes daaroor is op Windows se ondersteuningsblad en op die sosiale netwerk Reddit gedeel.

Hoe weet ek of ek geraak is?

Microsoft stuur normaalweg nuwe weergawes van sy Windows-bedryfstelsel outomaties na alle gebruikers waarna dit in die agtergrond bygewerk word.

Jy kan nagaan watter weergawe van Windows jy het deur die Windows-knoppie op jou toetsbord te druk, die woord “about” te tik, en onder “Windows specifications” te kyk watter weergawe van Windows jy het.

Die weergawe wat geraak word, is 1809. As jou weergawe enigiets anders as 1809 is, word jy nie deur die probleem geraak nie.

Meer oor:  Windows 10  |  Tegnologie  |  Microsoft
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.