Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Patel in die DA se visier oor e-handel

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, moet aan die parlement regverdig hoekom die regering e-handel tydens vlak 4 van die inperking aanhou kniehalter asof hy “van sy sinne beroof” is.

Só eis die DA in ’n brief aan Duma Nkosi, voorsitter van die portefeuljekomitee oor handel, nywerheid en mededinging.

Die DA braak veral gal oor die regverdiging wat Patel tot dusver gegee het dat e-handel “onregverdig en onmededingend” teenoor byvoorbeeld spazawinkels sou wees as dit heeltemal sou mag hervat word.

LEES OOK: Regering is van sy sinne beroof, sê Mike Schüssler

Volgens Dean Macpherson, DA-LP, beklemtoon die regering dan nog heeltyd hoe belangrik die vierde industriële rewolusie is, en dis nou die ideale geleentheid om daad by die woord te voeg.

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging. Foto: Getty Images

“Tot dusver het die minister nog geen logiese rede (vir die perk op e-handel) aan Suid-Afrikaners of ondernemings verskaf nie,” sê Macpherson Maandag in ’n verklaring.

E-handelaars meen hulle verskaf die veiligste manier om goedere by mense tydens die Covid-19-pandemie te kry aangesien aflewerings onnodige ritte en die samedromming van mense in winkels beperk.

Sedert vlak 4 van die inperking Vrydag in werking getree het, mag e-handelaars nou ’n ietwat meer produkte verkoop, maar Patel het gesê net goedere wat in winkels verkoop mag word, mag aanlyn verkoop word.

Geen aanduiding is verskaf oor wanneer e-handelaars die res van hul produkte sal mag verkoop nie.

Volgens die e-handelaar OneDayOnly het min tussen vlak 5 en 4 van die staat van inperking vir hulle verander.

LEES OOK: Aanlyn inkopies ‘veiliger’, meen e-handelaars

Hul pakkamers staan steeds vol produkte wat om “geen rede” nie verkoop mag word nie.

Die DA sê Suid-Afrika se besluit om e-handel willekeurig te beperk, is buitengewoon vergeleke met ander lande.

Baie lande maak op e-handelaars staat om ekonomiese aktiwiteit te hervat sonder dat die risiko vir die verspreiding van Covid-19 vererger.

Macpherson sê die portefeuljekomitee moet nou sy stem dik maak en sy magte gebruik om Patel en die regering aanspreeklik te hou deur te vereis dat daar werklike regverdigings verskaf word vir sy besluite en nuwe maniere vorentoe gevind word.

Meer oor:  Ebrahim Patel  |  Inperking  |  Covid-19  |  Kleinhandelaars  |  Staat Van Inperking  |  Kleinhandel  |  Koronavirus  |  E-Handel  |  Winkels  |  Vlak 4
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.