Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
PayPal laat bitcoin-betalings toe, prys styg skerp

Bitcoin se waarde het Woensdag vir die eerste keer sedert Julie 2019 tot meer as $13 000 gestyg nadat PayPal aangekondig het hy gaan mense op dié betalingsplatform toelaat om met digitale geldeenhede te betaal.

Bitcoin is nog $7 000 weg van sy rekordhoogtepunt van $20 000, wat in Desember 2017 gehaal is. Foto: Pixabay

Die waarde van bitcoin het in New York met $950 oftewel 8% gestyg en vroegoggend in Asië nóg 2% veld gewen tot $13 119.

Kleiner kriptogeldeenhede het selfs meer gestyg – litecoin met 13% en bitcoin cash met 9%.

PayPal-kliënte kan nou kriptogeldeenhede soos bitcoin, ether, bitcoin cash en litecoin gebruik vir betalings by die meer as 26 miljoen ondernemings wat PayPal-betalings toelaat.

PayPal se aandeelprys het met 5,5% tot $213,07 gestyg, die skerpste styging sedert Mei.

Mike Novogratz van Galaxy Investment Partners, ’n New Yorkse batebestuursfirma wat op kriptogeld fokus, het dit op Twitter die “grootste nuus van die jaar in kripto” genoem. Hy reken gewone banke sal nou jaag om ook digitale geldeenhede toe te laat.

“Ons het die Rubicon oorgesteek.”

Maatskappye wat PayPal-betalings toelaat, gaan wel in gewone geldeenhede betaal word.

Dan Schulman, Pay Pal se uitvoerende hoof, sê in ’n verklaring die skuif na digitale geldeenhede is “onafwendbaar” en het ooglopende voordele wat doeltreffendheid, spoed en veerkragtigheid van die betaalstelsel betref.

Daar is wel perke. Gebruikers kan net digitale geld gebruik wat hulle deur middel van PayPal gekoop het. Kriptomunte in ’n PayPal-rekening kan ook nie na ander rekeninge oorgedra word nie.

PayPal het verlede jaar aan die Libra Association onttrek. Dit was ’n poging deur Facebook om ’n digitale geldeenheid te ontwikkel.

David Marcus, wat Libra aanvoer, was voorheen president van PayPal.

Die waarde van bitcoin het tot dusver in Oktober met sowat 19% en vir 2020 met sowat 75% gestyg.

Chanalysis, ’n navorsingsfirma oor blokkettingtegnologie, sê die gebruik van bitcoin bly beperk – byna niemand gebruik dit vir enigiets anders as bespiegeling nie. Dis deels weens die wilde skommeling in die geldeenheid se waarde.

Die hoogtepunt van die geldeenheid van nagenoeg $20 000 is in Desember 2017 behaal.

In Maart het die geldeenheid met 31% geval toe mense uit paniek oor die Covid-19-pandemie hul kriptogeld verkoop het. – Bloomberg

Meer oor:  Paypal  |  Kriptogeld  |  Betalings  |  Bitcoin  |  Tegnologie  |  Digitale Geld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.