Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Drank-app lewer nou kos af vir PicknPay
So lyk die app waar die kos en ander noodsaaklikhede van Pick n Pay af bestel kan word.

Pick n Pay het nog ’n diens bekend gestel om kos by sy klante te kry – die keer met ’n app wat eintlik geskep is om drank af te lewer.

Jessica Knight, hoof van Pick n Pay se aanlyn dienste, sê aangesien daar ’n verbod op drankverkope is tydens die inperking, is die Bottles-afleweringsapp binne ’n rekordtyd omgeskep sodat dit kruideniersware kan aflewer.

Dit kan bestellings op dieselfde dag afgelewer, hoewel net van sekere winkels af. Dit kan wel op groot skaal uitgebrei word om meer klante te bereik.

Klante sal steeds winkelpryse betaal.

Verbruikers kan reeds deur Pick n Pay se aanlyn winkel inkopies doen. Die winkelgroep het sy afleweringstye reeds uitgebrei.

Die diens met Bottles is reeds suksesvol getoets en in werking gestel by meer as 70 winkels in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Durban.

Klante kan kies uit meer as 1 500 produkte en kan meer as 30 verskillende produkte per bestelling (met perke op die aantal van ’n enkele produk) laat aflewer.

Knight sê die items word by ’n plaaslike Pick n Pay-winkel opgelaai. Die Bottles-app is geïntegreer in Pick n Pay se stelsel sodat die beskikbaarheid van produkte in winkels bepaal kan word.

Sy sê die produkte wat via Bottles bestel kan word, sal hersien word gegrond op terugvoer van klante oor gewilde produkte.

LEES OOK: Mr D lewer nou medisyne pleks van kitskos af

Klante kan bestellings Maandae tot Saterdae van 08:00 tot 15:00 plaas. Sondae kan bestellings van 08:00 tot 13:00 gedoen word.

Die items sal Maandae tot Saterdae tot 19:00 afgelewer word en op Sondae tot 17:00.

Verskillende afleweringstye geld vir openbare vakansiedae en dié tye word op die app aangedui.

Die afleweringskoste is R45 plus diensgeldevan R15.

Die aflewerings word gedoen sonder dat daar enige kontak tussen die klant en die afleweraar is.

Die aflewering kan op die app gevolg word en die persoon wat dit aflewer sal die klant inlig wanneer hy by die deur opdaag.

Kry meer inligting oor die app en die diens hier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.