Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Pick n Pay se klere nou ook aanlyn te kry
Pick n Pay Clothing verkoop groot hoeveelhede gemaklike warm klere omdat Suid-Afrikaners min rede het om mooi aan te trek terwyl hulle van die huis af werk. Foto: East Rand Mall

Ná maande se gewag tydens die staat van inperking kan klante van Pick n Pay nou uiteindelik ook klere aanlyn koop.

Die kleinhandelaar het Maandag sy aanlyn klerewinkel bekendgestel. Dit maak Pick n Pay Clothing een van die min groot klerewinkelgroepe in sy pryskategorie wat aanlyn verkope aan klante bied.

Aanlyn verkope het vanjaar baie gegroei weens die inperking en verbruikers se vrese oor die koronavirus.

Volgens Pick n Pay word daar baie meer van sy aanlyn kruidenierswarewinkel gebruik gemaak nadat die inperking begin het, en hy moes sy vermoë en reikwydte daarmee verbeter om aan verbruikers se behoeftes te voldoen.

Dit kleinhandelaar het selfs ’n afleweringsdiens bekendgestel in vennootskap met die Bottles-app om te verseker dat aflewering op dieselfde dag plaasvind.

Hazel Pillay, hoof van Pick n Pay Clothing, het met die bekendstelling gesê daar is nog verdere planne om meer gerief en ’n groter klerereeks aan klante te bied.

Pick n Pay Clothing sal sy eie webtuiste hê en klante wat reeds aanlyn geregistreer is, kan dieselfde aanmeldbesonderhede vir die klerewinkel gebruik. Klante sal ook Smart Shopper-punte verdien.

Aflewering sal teen R60 op enige plek in Suid-Afrika kan plaasvind.

Volgens Pillay werk die winkelgroep ook aan ’n klik-en-oplaai-diens.

Meer oor:  Pick N Pay  |  E-Handel  |  Klerewinkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.