Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Pizzagroep belê in e-sport
’n Kontrole vir ’n Xbox waarop speletjies gespeel kan word. Foto: Pixabay

Die pizzagroep Debonairs het ’n vennootskap met die mediamaatskappy IGN en plaaslike vervaardigers van videospeletjies gesluit ingevolge waarvan hy elektroniese sporttoernooie sal borg en die mark na plaaslik vervaardigde videospeletjies sal aanhelp.

“Dit is ’n reusestap vir ’n handelsnaam wat nie verwant is aan speletjies of die tegnologie daaragter nie,” sê Gareth Woods, besturende direkteur van Good Game Well Played, spesialiste op die gebied van videospeletjies.

“Dit wys egter maatskappye besef videospeletjies is nou deel van die hoofstroom.”

Debonairs gaan ook met twee professionele e-sportspanne, Sinister 5 en White Rabbit saamwerk, sowel as met die Arcade X-toernooiplatform om nuwe speletjies op die proef te stel.

Luidens ’n onlangse verslag groei die mark na elektroniese speletjies in Suid-Afrika met 6% per jaar. Daar is meer as 1,6 miljoen geregistreerde e-sport-spelers in die land, waarvan talle voltydse professionele spelers is.

Sommige van hierdie spelers verdien meer as R50 000 per maand.

Die gemiddelde speler bring weekliks meer as tien ononderbroke uur voor die televisie of rekenaar deur. Meer as 90% van aktiewe gamers spandeer meer as R2 500 per maand aan speletjies.

Meer oor:  Debonairs  |  Speletjies  |  Tegnologie  |  Videospeletjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.