Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Plaaslike sosiale netwerk kry R2 m. by Snapchat
Yusuf Omar, wat Hashtag Our Stories saam met sy vrou, Sumaiya, begin het. Foto: Facebook

Snapchat het besluit om $150 000 (sowat R2,2 miljoen teen die huidige wisselkoers) in die Suid-Afrikaanse beginneronderneming Hashtag Our Stories te belê.

Hashtag Our Stories, wat uit Durban sake doen, is ’n platform vir joernaliste en ander inhoudskeppers om kort video’s op te publiseer.

Volgens sy webwerf fokus Hashtag Our Stories op “stories oor plaaslike oplossings vir wêreldwye probleme”.

Die platform is deur die voormalige joernalis Yusuf Omar en sy vrou, Sumaiya, geskep.

“Ons is mobiele joernaliste; joernaliste wat selfies neem en alles wat ons nodig het om ’n storie te vertel in ons sak dra,” het Omar aan Business Insider gesê.

Buiten die belegging van $150 000 word Omar en sy vrou ook die kans gegun om ’n tyd lank by Snapchat in sy hoofkantoor in Los Angeles te gaan vertoef waar hulle saam met agt ander beginnerondernemings mentorskap sal kry.

Snapchat is onder druk en het volgens sy jongste syfers 3 miljoen daaglikse gebruikers in die laaste kwartaal verloor. Dié platform het nou 188 miljoen daaglikse gebruikers, vergelyke met 191 Dmiljoen op dieselfde tydstip verlede jaar.

Die daling in gebruikers volg op toenemende kompetisie van sy mededingers, waaronder Instagram en WhatsApp, wat deesdae dieselfde funksionaliteit as Snapchat bied, naamlik die maak van kort video’s waarmee gebruikers hul doen en late met hul volgelinge deel.

Ná die mentorskapprogram sal Snapchat ’n belang van tussen 7% en 10% in elk van die beginnerondernemings besit waarin hy belê het.

Van die ander betrokke beginnerondernemings is Premme, wat vroue met ’n groter figuur bemagtig, sowel as Toonstar, wat emoji’s en animasie-karakters skep.

Meer oor:  Hashtag Our Stories  |  Snapchat  |  Yusuf Omar  |  Sosiale Media  |  Belegging  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.