Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Prosus belê nóg in Indië
Prosus is deel van Naspers. Foto: Getty Images

Prosus Ventures, die beleggingsarm van Prosus, deel van Naspers, het aangekondig dat hy pas nóg $40 miljoen in ’n Indiese maatskappy belê het.

Prosus, wat in Johannesburg sowel as Amsterdam genoteer is, is ’n volfiliaal van Naspers wat na al sy internetbelange omsien.

In ’n verklaring Woensdag sê Prosus hy het $40 miljoen in ElasticRun belê. Dié onderneming bied intelligente oplossings in die afleweringsbedryf in Indië.

Prosus besit reeds ’n beduidende belang in Swiggy, Indië se grootste kosafleweraar.

PayU, ’n Suid-Afrikaanse betalingsplatform wat ook aan Prosus behoort, het terselfdertyd $11 miljoen in Fisdom belê.

Fisdom is ook ’n Indiese onderneming in die finansiële bedryf.

PayU het in Julie ook ’n meerderheidsaandeel in Red Dot Payment bekom.

LEES OOK: Naspers se PayU brei nóg uit

Red Dot Payment is reeds die grootste betalingsplatform in Singapoer met ’n noemenswaardige markaandeel in aanlyn betalings in ander Asiatiese lande, waaronder Thailand en Indonesië.

Prosus het in Augustus ook in die Indiese e-handelaar Meesho belê.

Die maatskappy bevind hom tans midde-in ’n herrie oor sy vyandige oorname-aanbod vir Just Eat, ’n platform vir aanlyn kosaflewering.

Lees meer oor dié omstredenheid hier.

Prosus se aandeelprys was Woensdagoggend effens laer op R1 017.

  • Netwerk24 is deel van Media24, ’n filiaal van Naspers.
Meer oor:  Prosus  |  Naspers  |  Tegnologie  |  Belegging  |  Finansies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.