Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Prosus koop GoodHabitz

Prosus, die internet- en mediareus Naspers se internasionale internetfiliaal, het ’n meerderheidsbelang in die aanlyn opleidingsfirma GoodHabitz gekoop.

onderwystegnologie
Die embleem van GoodHabitz, die Europese onderwystegnologie-firma waarin Prosus 'n meerderheidsbelang gekoop het.

Prosus, wat nou onder die grootste tegnologiebeleggers ter wêreld tel, het Woensdag aangekondig hy het sowat 212 miljoen (R3,54 miljard) betaal vir die belang in GoodHabitz, wat ’n Europese verskaffer van aanlyn opleiding vir ondernemings is.

GoodHabitz is in 2011 gestig en bied ondernemings ’n wye verskeidenheid en bekostigbare digitale opleidingkursuse vir hul werknemers. GoodHabitz fokus op vaardighede soos leierskap- en bestuursvaardighede, en lewer tans 150 kursusse in agt tale aan sy kliënte.

Volgens Prosus se verklaring het GoodHabitz sedert 2016 van sy oorspronklike mark in Nederland uitgebrei tot nege Europese markte en is hy een van die min winsgewende rolspelers in korporatiewe onderwystegnologie in Europa. Prosus beplan om GoodHabitz te help om sy uitbreiding na nuwe markte voort te sit.

“As ons die afgelope jaar iets getoon het, is dit dat tegnologie ’n sektor fundamenteel kan verander en dit in staat stel om baie vinniger op te skaal, en dit geld veral opleiding. Die toekoms van leer in die werkplek is vinnig besig om te ontwikkel, en dit sal goed gaan met die ondernemings wat hul werknemers suksesvol in ’n digitale omgewing kan betrek, ”sê Larry Illg, uitvoerende hoof van Prosus EdTech.

LEES OOK: Naspers verwag stewige groei

“Daar is ’n groot behoefte aan ondernemings van alle groottes om aan hul mense innemende, maklike opleiding te bied. GoodHabitz het ’n suksesvolle onderneming opgebou wat prettige inhoud lewer wat perfek voldoen aan die behoeftes, en ons sien daarna uit om die span as deel van Prosus verder te help uitbrei.”

Prosus was ’n vroeë belegger in onderwystegnologie en het sedert 2016 al meer as $3 miljard (R41 miljard) in die sektor geploeg. Die maatskappy het ’n sterk portefeulje opgebou in primêre, sekondêre, beroepsgerigte en lewenslange opleiding, benewens die beduidende teenwoordigheid van die onderneming om te help bou aan die toekoms van opleiding in die werkplek. Prosus bereik 90% van die Fortune 100 maatskappye deur sy ondernemings wat onderwystegnologie-dienste aan korporatiewe kliënte lewer, waaronder GoodHabitz, Stack Overflow, Skillsoft, Udemy en Codecademy.

Netwerk24 is deel van Media24, 'n filiaal van Naspers.

Meer oor:  Prosus  |  Naspers  |  Tegnologie  |  Opleiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.