Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Prys van nuwe PlayStation 5 én Xbox bekend

Sony se nuwe PlayStation 5 gaan op eie bodem bykans presies dieselfde kos as Microsoft se nuwe Xbox, wat min of meer dieselfde tyd uitgereik word.

Sony in Suid-Afrika het Woensdag bevestig die PlayStation 5, wat op 19 November uitgereik word, gaan R9 999 kos vir die goedkoopste weergawe.

Dit is die prys van die sogenaamde Digital Edition, waarmee speletjies net oor die internet gespeel sal kan word. Die gewone PlayStation 5 gaan R11 999 kos.

Dis presies dieselfde prys wat Sony se grootste mededinger, Microsoft, gaan vra vir sy nuwe Xbox Series X. Die Series X kos ook R11 999 en sal vanaf 10 November beskikbaar wees.

Microsoft se nuwe Xbox Series S is wel heelwat goedkoper teen R6 999. Dit is ook vanaf 10 November beskikbaar.

Twee nuwe speletjiekonsoles in een maand

PlayStation 5:

  • Beskikbaar: 19 November
  • Prys: R9 999 (digitale weergawe) en R11 999

Xbox Series S en X:

  • Beskikbaar: 10 November
  • Prys: R6 999 (Series S) en R11 999 (Series X)

Die Series S bevat minder funksionaliteit as sy duurder grootboet, maar die verskille is hoofsaaklik oppervlakkig.

Volgens berigte is die Series S toegerus met 7,5 gigagrepe se geheue teenoor die Series X se 13,5 gigagrepe.

Die twee konsoles se grafikakaart verskil ook.

Afgesien daarvan is die twee toestelle grootliks dieselfde en nuwe Xbox-speletjies sal op albei konsoles gespeel kan word.

Die PlayStation 5 is toegerus met 16 gigagrepe geheue, dus heelwat meer as selfs die Xbox Series X.

Sony het ook Woensdag verskeie nuwe speletjies aangekondig wat saam met die nuwe PlayStation uitgereik word.

Dit sluit in Hogwarts Legacy, Spider-Man: Miles Morales en Call of Duty: Black Ops Cold War.

Van die speletjies vir Xbox Series S en X wat in November verskyn, sluit in Halo Infinite, Fable, State of Decay 3 en Forza Motorsport.


    Meer oor:  Sony  |  Playstation  |  Xbox  |  Microsoft  |  Xbox Series X  |  Speletjies  |  Playstation 5  |  Tegnologie
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.