Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
PS4-eienaars, bly weg van Cyberpunk

Die speletjie Cyberpunk 2077 is terug in PlayStation Store, maar dit kom met ’n groot waarskuwing, veral vir PS4-eienaars.

Cyberpunk 2077 is terug in Playstation Store. Foto: PlayStation

Die videospeletjie-ontwikkelaar CD Projekt Red het vroeër gesê die speletjie sal terugkeer, en ses maande nadat dit verwyder is, is dit weer beskikbaar.

“Gebruikers sal dalk steeds probleme met die PS4-weergawe ondervind, terwyl ons steeds stabiliteit op alle platforms verbeter,” erken CD Projekt Red. “Die PS4 Pro- en PS5-weergawe van die speletjie bied die beste ervaring op PlayStation.”

Sony het selfs ’n stap verder gegaan met sy waarskuwing oor die speletjie en raai PS4-eienaars aan om dit te vermy.

“Koop vir gebruik op PS4-stelsels word nie aanbeveel nie,” sê Sony. “Speel op PS4 Pro en PS5 vir die beste Cyberpunk-ervaring op PlayStation.”

Waarom die bohaai?

CD Projekt se gewildste en suksesvolste speletjie is die The Witcher-reeks. In 2020 is meer as 50 miljoen eenhede van die reeks verkoop. Dit is selfs in ’n TV-reeks ontwikkel en begin binnekort met sy tweede seisoen op Netflix.

Vandat CD Projekt Red in 2012 gedeel het dat Cyberpunk ontwikkel gaan word, het die projek baie volgelinge opgetel veral as gevolg van die sukses van The Witcher-reeks.

Cyberpunk 2077 is toe in Desember uitgereik en was onmiddellik gewild. Daar was egter ernstige tegniese probleme.

Die speletjie het gesukkel om op Xbox One- en PlayStation 4 vlot te laat loop en spelers het op elke platform voor talle en soms skreeusnaakse foute te staan gekom.

The Verge het berig dat CD Projekt Red eintlik eers heelwat later met die ontwikkeling van die speletjie begin het en nié reeds in 2012 nie.

Advies

Dit beteken doodeenvoudig: Moet eerder nie die R899 betaal as jy net ’n gewone PS4 besit nie.

Die beste ding sal wees om te wag en kyk of daar nog verbeterings in stabiliteit in latere weergawes van die speletjie gaan wees. Die prys behoort ook mettertyd te daal.

Die waarheid is dat ontwikkelaars hul tyd amper eksklusief bestee daaraan om speletjies vir die nuwe PS5 en Xbox Series X-konsoles te bou. Min aandag word gegee aan die ouer weergawe masjiene, so as jy ’n goedkoop gebruikte PS4 Pro in die hande kan kry, is dit ’n goeie opsie.

Die ander opsie is spaar eerder en skaf ’n nuwe masjien aan – dis nou as jy ’n PS5 in die hande kan kry.

Meer oor:  Sony  |  Playstation  |  Ps4 Pro  |  Gaming  |  Ps4  |  Tegnologie  |  Ps5  |  Videospeletjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.