Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
PS5 verkoop soos (baie skaars) soetkoek

Sony het nou meer as 10 miljoen PlayStation 5-konsoles (PS5) verkoop.

PS5
Sony het al meer as 10 miljoen van sy nuwe PlayStation 5 videospeletjiekonsoles verkoop. Foto: Sony

Kort ná die PS5 se bekendstelling in November 2020 was die grootste nuus die feit dat niemand die konsole in die hande kon kry nie.

Nietemin het die maatskappy volgens The Verge 2 miljoen méér eenhede verkoop as wat in April bekend gemaak is. Dit beteken dat die PS5 steeds die verkope van die PS4 oorskry.

Dit maak die PS5 die konsole wat die vinnigste in Sony se geskiedenis verkoop.

Ten spyte hiervan bevestig Sony dat dit steeds, deels weens die wêreldwye tekort aan mikroskyfies, vir sommige moeilik is om ’n PS5 op te spoor.

“Hoewel die PS5 meer huishoudings vinniger as enige van ons vorige konsoles bereik het, lê baie werk nog voor, want die vraag na PS5 styg steeds,” sê Jim Ryan, president en uitvoerende hoof van Sony Interactive Entertainment.

“Ek wil hê spelers moet weet hoewel ons steeds unieke uitdagings wêreldwyd ondervind, bly die verbetering van ons voorraadvlakke ’n topprioriteit.”

Terwyl Sony voortgaan om konsole-hardeware-syfers te deel, het Microsoft in die Xbox One-era opgehou om Xbox-verkoopsyfers te deel.

“Ons is almal besig om speletjies te ontwikkel,” het Satya Nadella, uitvoerende hoof van Microsoft, gesê. “Die Xbox Series S en X is ons konsoles wat die vinnigste nóg verkoop, met meer konsoles wat tot vandag toe as enige vorige generasies verkoop is.”

Die inperkings weens die Covid-19-pandemie het die vraag na tuisvermaak en tuistegnologie die hoogte laat inskiet. Dit is een van die grootste redes vir die tekort aan mikroskyfies.

Meer oor:  Sony  |  Microsoft  |  Satya Nadella  |  Rekenaarspeletjies  |  Videospeletjies  |  Playstation  |  Gaming  |  Ps4  |  Tegnologie  |  Xbox  |  Ps5
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.