Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
PwC: Tegnologie gaan banke maak of breek
Tegnologie, en spesifiek digitale bankdienste, gaan volgens PwC ’n groot invloed hê in hoe suksesvol banke in die toekoms gaan wees.Foto: Pixabay

Die bank wat die beste gaan vaar in die toekoms, is die een wat tegnologies die beste produkte gaan lewer.

Dit is die voorspelling van nie net die bankbase self nie, maar ook van die ouditeursfirma PwC.

In sy jongste verslag oor die stand van bankwese in Suid-Afrika sê PwC daar moet net na die nuutste stel resultate van die vier groot banke – Absa, FNB, Nedbank en Standard Bank – gekyk word om te sien hoeveel fokus daar reeds op tegnologie geplaas word.

PwC sê die mededinging tussen banke gaan in die volgende paar maande nog strawwer word met vier nuwe banke wat beplan om kleinhandeldienste te begin lewer.

Dit sluit in Discovery Bank, TymeDigital, Bank Zero en die SA Post Bank.

Sim Tshabalala, uitvoerende hoof van die Standard Bank-groep, het in Augustus met die bekendmaking van dié bank se jaarresultate ook gesê die toekoms van banke is digitaal.

In die ses maande tot einde Junie het Standard Bank in Suid-Afrika 950 miljoen digitale transaksies vergeleke met 13 miljoen transaksies in sy takke hanteer. Dit is ’n toename van 27% vergeleke met die ooreenstemmende halfjaar in 2017.

FNB, wat vroeër vanjaar ’n funksie op sy app bekend gestel het waar kliënte net ’n foto van hulself kan neem om ’n rekening by die bank oop te maak, fokus ook baie op tegnologiese ontwikkeling.

Dié bank sê dit is duidelik sy kliënte hou van digitale bankdienste.

Die getal transaksies op sy app het met 65% tot meer as 164 miljoen in die jaar tot einde Junie gestyg.

Absa, wat minder bekend is vir sy digitale produkte, maak werk daarvan. Hy het onlangs aangekondig sy kliënte kan hom voortaan WhatsApp en die bank is ook die eerste in die land wat betalings deur Samsung Pay moontlik maak.

Meer as 10 000 kliënte het binne die eerste 20 dae vir ChatBanking op WhatsApp geregistreer.

Meer oor:  Nedbank  |  Fnb  |  Absa  |  Capitec  |  Standard Bank  |  Pwc  |  Bankbedryf  |  Tegnologie  |  Bankwese
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.