Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
R1,9 m. vir ’n videospeletjie
Die Super Mario Bros.-speletjie wat vir $114 000 verkoop is. Foto: Heritage Auctions

As jy gedink het R1 200 is duur vir ’n Super Mario-videospeletjie wat op ’n Nintendo-konsole gespeel word, dink weer.

’n Anonieme koper in Amerika het die afgelope naweek $114 000 (sowat R1,9 miljoen teen die huidige wisselkoers) vir ’n stokou weergawe van dié speletjie betaal.

Heritage Auctions, ’n afslaer wat in Dallas, Texas, gesetel is en veral strokiesprente en speletjies verkoop, sê in ’n verklaring dat ’n 1985-kopie van Super Mario Bros. Vrydag vir dié enorme bedrag verkoop is.

Die speletjie was nog in sy oorspronklike, verseëlde houer en dit is juis wat hom so duur maak.

Heritage verduidelik aan Mashabledat toe speletjies oorspronklik verpak is, hulle in ’n kartonhouertjie verpak is, met ’n kartonplaatjie waarmee dit aan ’n winkelrak gehaak kon word. Die houertjie self is net met ’n plakker toegeplak. Soos wat die gebruik van plastiek begin toeneem het, is die kartonhouertjies egter met kleefplastiek bedek.

Wat dié spesifieke speletjie uniek maak, is dat dit nog in ’n kartonhouertjie – met die plaatjie op – in kleefplastiek verpak is. Dié verpakking dui dus glo daarop dat dit net een van ’n paar honderd van daardie spesifieke uitgawe van die speletjie is.

Valarie McLeckie, direkteur vir videospeletjies by Heritage, sê daar was “besonder baie belangstelling” in die speletjie.

Die vorige duurste videospeletjie wat verkoop is, is ’n kopie van Nintendo World Championships wat in 2014 vir $100 088 op eBay opgeveil is.

Mashable skryf hulle hoop die persoon wat die Super Mario Bros.-speletjie gekoop het, gaan dit veilig bêre, want volgens hulle is dit eintlik ’n houertjie wat $114 000 gekos het, met ’n speletjie binne in wat 35 jaar oud is en wat jy deesdae gratis van die internet kan aflaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.