Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
R280 m. per jaar net om Zuckerberg veilig te hou
Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook. Foto: Reuters

Om Mark Zuckerberg, Facebook se uitvoerende hoof, veilig te hou te midde van toenemende openbare verontwaardiging oor hoe die sosiale netwerk bedryf word, kos Facebook $20 miljoen per jaar.

Teen die huidige rand-dollar-wisselkoers is dit baie na aan R280 miljoen per jaar, of bykans R770 000 per dag.

CNBC berig dit is meer as vir enige ander uitvoerende hoof ter wêreld.

Facebook het dié syfers Vrydag aan die Securities and Exchange Commission (SEC), die waghond vir Amerikaanse aandelebeurse, bekend gemaak. Dit is ’n vereiste om inligting waaroor aandeelhouers op die jaarvergadering moet stem vooraf aan die SEC te gee.

Facebook erken hierin die afgelope jaar se skandale oor gebruikers se privaatheid en die lakse beskerming van gebruikers se data skep toenemende bedreigings vir Zuckerberg se veiligheid.

Zuckerberg is gereeld die teiken van Facebook se bykans 2 miljard gebruikers wanneer ’n nuwe skandaal onthul word.

Zuckerberg, wat sowat $70 miljard werd is, se jaarlikse salaris van Facebook is net $1, maar hy kry wel ’n toelae vir onder meer sy beskerming en om sy reiskoste te dek, berig CNN.

Dié toelae het van $9,1 miljoen in 2017 tot $22,6 miljoen in 2018 gestyg, hoofsaaklik weens die $10 miljoen-verhoging wat spesifiek vir beskerming geoormerk is.

“Sedert die inwerkingstelling van mnr. Zuckerberg se algehele veiligheidsprogram het elke evaluering spesifieke bedreigings vir mnr. Zuckerberg aan die lig gebring weens sy hoë profiel as ons stigter, uitvoerende hoof, voorsitter en beherende aandeelhouer,” sê Facebook in die dokumente wat aan die SEC voorgelê is.

“Ons glo mnr. Zuckerberg se rol plaas hom in ’n unieke posisie: Hy is sinoniem met Facebook en gevolglik word negatiewe sentiment jeens ons maatskappy regstreeks met hom geassosieer . . . (hy) is een van die mees herkenbare uitvoerende hoofde ter wêreld hoofsaaklik weens die grootte van ons gebruikersbasis en ons voortgesette blootstelling aan internasionale media-, wetgewende en regulatoriese aandag.”

Meer oor:  Facebook  |  Sekuriteit  |  Tegnologie  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.