Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
R50 mjd. se e-handel oor 2 jaar verwag

Dis geen verrassing meer dat die Covid-19-pandemie e-handel ’n enorme hupstoot gegee het nie. Presies hóé sterk daardie groei was, blyk uit ’n nuwe verslag.

Mense van alle ouderdomme omarm e-handel. Foto: iStock

Volgens ’n verslag oor aanlyn kleinhandel wat World Wide Worx uitgereik het, was die 2020-groei in e-handel 66% tot R30,2 miljard. E-handel verteenwoordig nou 2,8% van álle kleinhandel in die land.

Die sprong in e-handel danksy die pandemie is vergeleke met die verwagting dat e-handel in 2020 R20 miljard sou haal en eers in 2022 tot 2% van alle kleinhandel sou styg.

Arthur Goldstuck, uitvoerende hoof van World Wide Worx, wat die navorsing gelei het, verwag dat die verskuiwing na e-handel permanent is en sal meebring dat e-handel teen 2022 meer as R50 miljard en meer as 5% van alle kleinhandel sal verteenwoordig.

Wat koop mense aanlyn?

Die belangrikste ding wat mense aanlyn koop, is lugtyd. Dis vreemd genoeg waar van alle inkomstegroepe. Nagenoeg 13% tot 15% van mense koop lugtyd aanlyn.

Boeke (11%), kruideniersware (6%) en klere (5%) is ook gewilde kategorieë vir aanlyn inkopies.

Dis ook nie ’n geval dat alle kleinhandel sterk gaan styg nie, maar dat e-handel ’n groter stuk van die koek sal opneem.

Kleinhandel as geheel, oor alle kanale heen, het in 2020 met 4,2% gedaal – die eerste keer in die 21ste eeu dat dit daal.

Goldstuck verwag dat e-handel in 2021 ook sterk sal groei, met sowat 40%, omdat mense steeds ingeperk bly en nou baie gemakliker daarmee is. Dit sal teen die einde van die jaar 4% van kleinhandel uitmaak.

e-handel

’n Baie interessante bevinding van die verslag is dat ouer mense ook nou die gerief van aanlyn inkopies begin waardeer.

Die persentasie mense wat gereeld aanlyn koop, het opgeskiet, met tot 30% van stedelike Suid-Afrikaners wat gereeld aanlyn koop. Dit wissel van 19% onder mense ouer as 65 jaar tot 30% vir die hele groep van 35 tot 64 jaar oud.

Net drie jaar gelede, in 2018, het tussen 2,4% en 3,8% van stedelike Suid-Afrikaners gereeld aanlyn inkopies gedoen.

Die belangrikste aanduider van of mense aanlyn koop, is egter nie ouderdom nie, maar opvoedingsvlak en inkomste. 39% van mense met ’n tersiêre kwalifikasie koop gereeld aanlyn, teenoor 9% van mense wat geen formele skoolonderrig gehad het nie.

49% van mense wat meer as R50 000 per maand verdien, koop gereeld aanlyn, teenoor 30% of minder onder mense wat minder as R10 000 per maand verdien.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.