Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Raad vir digitale TV aangestel

Nomvula Mokonyane, minister van kommunikasie, het ’n adviesraad aangestel om die oorgang van analoog- na digitale aardtelevisie te bespoedig.

Suid-Afrika het al verskeie spertye gemis om van analoog- na digitale aardtelevisie oor te skakel.

Die adviesraad se eerste taak is om ’n oorgangsplan in samewerking met Aldred Dreyer, hoof van die nuut geskepte kantoor vir projekbestuur van die migrasie na digitale aardtelevisie, op te stel.

Suid-Afrika het al verskeie sperdatums vir die oorgang gemis sedert daar in 2008 met die beplanning daarvoor begin is.

Die proses is telkens vertraag deur bekgevegte tussen belanghebbendes, voortslepende hofsake en ’n voortdurende gebrek aan konsensus oor uitsaaistandaarde.

Die migrasieprojek, wat deur die Internasionale Telekommunikasie-unie (ITU) vereis word, moes al in Junie 2015 voltooi gewees het.

Suid-Afrika gaan ook nie die volgende sperdatum van Junie 2019 haal nie.

Nomonde Gongxeka-Seopa, ’n raadslid van die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa), is voorsitter van die adviesraad van twaalf lede. Die ander lede is onder andere Nomsa Philiso, waarnemende uitvoerende hoof van die SAUK, Themba Kinana van Vodacom, Moses Mashisane van MTN, Thabo Makenete van Multichoice en Norman Munzhelele van eMedia.

Die regering het nog geen aanduiding gegee van hoe huishoudings wat nie hiervoor kwalifiseer nie, aangemoedig sal word om ’n dekodeerder vir nagenoeg R700 te koop nie.

Vrystaters het in Junie gehoor hulle gaan teen einde vanjaar die eerste Suid-Afrikaners wees wat van analoog- na digitale aardtelevisie oorgeskakel word.

Die adviesraad moet verseker dat dit wel gebeur. Volgens Mokonyane ondersoek sy die model van nuwe dekodeerders.

Analoogkykers is diegene sonder ’n satellietskottel of ’n dekodeerder.

Volgens Channel24 wag baie arm huishoudings wat minder as R3 200 per maand verdien en vir ’n gratis dekodeerder kwalifiseer, steeds daarvoor.

Die regering het nog geen aanduiding gegee van hoe huishoudings wat nie hiervoor kwalifiseer nie, aangemoedig sal word om ’n dekodeerder vir nagenoeg R700 te koop nie.

Die regering het reeds beloof om 5,2 miljoen sulke dekodeerders gratis uit te deel, maar heelwat meer Suid-Afrikaanse huishoudings gaan dit benodig en sal dit moet koop.

Besonderhede van die nuwe model en die datum waarop analoog-TV beëindig gaan word, sal eers ná oorweging in die kabinet bekend gemaak word.

Mokonyane sê die raad se aanstelling sal bydra tot ’n spoedige oorskakeling van analoog na digitaal op ’n manier waarop samewerking verkry word sodat “hulpbronne regverdig tussen die regering en die bedryf verdeel word”.

Sou analoog afgeskakel word voordat alle Suid-Afrikaners dekodeerders het, sal dit verreikende gevolge inhou vir uitsaaiers, insluitende die SAUK, wat miljoene kykers sal verloor.

Die departement van kommunikasie benodig na bewering nog R6,6 miljard om die proses af te handel. - Fin24

Meer oor:  Nomvula Mokonyane  |  Televisie  |  Digitaal  |  Breëband  |  Tegnologie  |  Kommunikasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.