Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Rain hoop op 700 5G-torings binne ’n jaar
Rain hoop om teen aanstaande jaar Desember meer as 700 5G-torings landwyd te hê. Foto: Unsplash

Rain, Suid-Afrika se jongste verskaffer van selfoondienste, hoop om teen Desember aanstaande jaar minstens 700 5G-torings landwyd te hê.

Die diensverskaffer het reeds 250 sulke torings, en is ook Suid-Afrika se eerste netwerk wat 5G-verbindings bied.

5G is die opvolger van 4G, oftewel LTE, en bied ’n internetspoed wat tot 100 keer vinniger is as 4G oor ’n selfoonnetwerk.

Rain se mikpunt is om uiteindelik meer as 2 000 5G-torings landwyd op te rig.

Die maatskappy het onlangs ’n ooreenkoms met Vodacom aangegaan waarvolgens hy dié netwerk se selfoontorings gebruik om sy eie toerusting te huisves.

Volgens Rain het dit gehelp dat hy sy dekking landwyd vir 4G vinniger kon uitbrei as wat die geval sou wees indien hy self torings orals moes oprig.

Danksy die ooreenkoms het Rain reeds 3 150 aktiewe 4G-torings oor Suid-Afrika heen.

Hoewel Rain Vodacom betaal om spasie op sy torings te huur vir sy toerusting, koop Vodacom terselfdertyd ook data by Rain en verskaf dit aan sy intekenare.

“Die netto gevolg is dat Rain sy netwerk op ’n volhoubare wyse kan uitbrei,” sê die maatskappy in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens.

TymeBank

Rain se meerderheidsaandeelhouer is die genoteerde African Rainbow Capital (ARC).

ARC het Vrydag ’n handelsoorsig uitgereik oor die stand van verskeie van die ondernemings waarin hy ’n belang het.

Dit sluit ook in TymeBank wat onlangs met sy miljoenste kliënt gespog het.

ARC besit sowat 80% van TymeBank.

Hoewel meer as ’n miljoen Suid-Afrikaners reeds ’n rekening by TymeBank oopgemaak het, is net sowat 400 000 aktiewe gebruikers.

Volgens die handelsoorsig kry TymeBank tussen 20 000 en 30 000 nuwe kliënte per week, wat dit een van die snelgroeiendste digitale banke in die wêreld maak.

ARC se aandeelprys was Vrydag byna onveranderd op R4,13.

Meer oor:  Tymebank  |  Vodacom  |  Rain  |  Selfoonnetwerk  |  Netwerk  |  Diensverskaffer  |  Tegnologie  |  5G
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.