Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Rekenaar propvol virusse opgeveil as ‘kunswerk’

’n Ongewone “kunswerk” wat bestaan uit ’n skootrekenaar besmet met ses gevaarlike rekenaarvirusse word in New York opgeveil.

’n Rekenaar besmet met die ILoveYou-virus wat sedert 2000 meer as 50 miljoen rekenaars besmet het. Foto: Getty Images

Die rekenaar is doelbewus deur die omstrede Chinese kunstenaar Guo O Dong besmet, berig die BBC. Dis ’n gesamentlike projek met die kuberveiligheidsfirma Deep Instinct, berig Vice.

Daar word verwag dat dit vir heelwat meer as $1 miljoen verkoop gaan word. Die rekenaar, wat elf jaar oud is, is nie meer aan die internet verbind nie juis uit vrees dat dit ander rekenaars kan besmet.

Dit is teen die wet in Amerika om ’n rekenaarvirus te verkoop met die doel om skade te berokken, derhalwe word dié besmette rekenaar as ’n “kunswerk” bemark. Dit word “The Persistance of Chaos” genoem.

Volgens die organiseerders van die veiling kan dit ook vir akademiese doeleindes gebruik word om die gevaarlike rekenaarvirusse te bestudeer.

Die ses virusse waarmee die rekenaar besmet is, sluit in:

  • WannaCry, indringerware wat ’n losprys eis en die Britse gesondheidstelsel in 2017 lamgelê het.
  • ILoveYou, ’n betreklik ou rekenaarvirus wat sedert 2000 meer as 50 miljoen rekenaars, insluitende die van die CIA, besmet het.
  • MyDoom, ’n Windows-spesifieke virus wat in 2004 via e-posse versprei is.
  • SoBig, nog ’n virus wat in 2003 via e-pos versprei het.
  • DarkTequila, ’n virus wat stroke op jou sleutelbord nagaan om uiteindelik aanmeldbesonderhede te bekom.
  • BlackEngery, ’n virus wat gebruik word om elektrisiteitstelsels aan te val. 
Meer oor:  Rekenaar  |  Kuberaanval  |  Kubermisdaad  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.