Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Rekenaars 'weet' hoe Game of Thrones eindig

Die finale reeks van Game of Thrones begin Maandag en navorsers by ’n Duitse universiteit sê hulle “weet” wat die einde is. Dít danksy sagteware met kunsmatige intelligensie (KI) wat die uitkoms van die agt jaar lange sage kan voorspel.

'n Beeld uit die agste en finale reeks van Game of Thrones.

Navorsers by die Tegniese Universiteit van München het die sagteware geleer om inligting oor elke karakter regstreeks vanaf die internet te trek. Dié inligting word dan deur middel van KI verwerk om voorspellings te maak wat in ooreenstemming is met die tendense in die storie.

Christian Dallago, ’n student in die span wat die sagteware ontwikkel het, sê die KI kan ook sê wanneer ’n spesifieke karakter sal doodgaan.

Dié KI volg die sagteware op wat in 2016 reeds aan die universiteit ontwikkel is. Die ouer weergawe het korrek voorspel dat die karakter Jon Snow in die sesde reeks uit die dood sal opstaan.

As jy nie wil hê KI moet jou kykpret bederf nie, hou nou op lees.

Die sagteware voorspel dat Daenerys Targaryen die ystertroon gaan bestyg, omdat sy die heel beste kans het om die geweld en oorlog van die agste reeks te oorleef.

As jy nie die rekenaar vertrou nie, laat weet ons gerus wat jou voorspelling is in jou kommentaar hieronder.

– Reuters, verwerk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.