Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Remgro-filiale stamp kop oor Vumatel-oorname

Octotel, ’n Kaapse mededinger van die veselnetwerkverskaffer Vumatel, is gekant teen die oorname van Vumatel deur Community Investment Ventures (CIV).

Byna 1 miljoen huishoudings in Suid-Afrika het reeds toegang tot veselinternet.

Sowel Octotel en CIV is egter onder die onregstreekse beheer van dieselfde maatskappy – die beleggingsgroep Remgro.

Dít blyk uit ’n verklaring Sondag van die Mededingingstribunaal wat Maandag ’n verhoor oor die samesmelting tussen Vumatel en CIV gaan hou.

CIV het al in Junie verlede jaar ’n belang van 35% in Vumatel gekoop, en in Maart het die Mededingingskommissie die volle oorname van Vumatel deur CIV, maar met spesifieke voorwaardes, goedgekeur.

CIV beheer Dark Fibre Africa (DFA) wat steundienste aan Vumatel bied. DFA beheer ook SA Digital Villages, wat vesel-internetdienste aan residensiële gebiede voorsien.

CIV word gesamentlik beheer deur Industrial Electronic Investment en New GX, met Industrial Electronic Investment wat op sy beurt deur Venfin, die waagkapitaalfinansierder in Remgro se stal, beheer word.

Die Mededingingskommissie het wel die oorname goedgekeur, maar het sy kommer oor vertikale mededinging uitgespreek omdat DFA as die grootste verskaffer van steundienste aan veselnetwerkoperateurs beskou word. Hy is ook besorg oor horisontale mededinging omdat Remgro ook onregstreeks in beheer is van Octotel, wat met Vumatel meeding. Dit is Octotel wat sy kommer oor die voorgestelde samesmelting aangemeld het, en is toegelaat om voorleggings aan die tribunaal te doen.

Octotel glo anders as die Mededingingskommissie dat die transaksie nie moet voortgaan nie. Hy meen nie enige voorwaardes sal ’n verskil maak aan die kommer wat hy oor die voorgestelde transaksie het nie.

Die verhoor word Maandag vanaf 10:00 by die tribunaal se kantore in Sunnyside, Pretoria, gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.