Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
RocketNet se kliënte kry vinniger internet

Dis nie elke dag dat ’n internetdiensverskaffer kliënte se lyne nóg vinniger maak nie, maar as jy ’n RocketNet-kliënt is wat deur Vumatel jou vesel kry, is jy gelukkig.

Vumatel-kliënte kry almal 'n hupstoot. Foto: Vumatel

RocketNet, ’n internetdiensverskaffer, het aangekondig vanaf 1 Julie 2021 sal alle kliënte op die Vumatel-netwerk opgraderings ontvang.

“Met die wêreldekonomie wat in dié ongekende tyd buite beheer geraak het, kan dit moeilik wees om ’n silwer randjie te vind. Daarom is ons verheug om aan te kondig dat ons ’n silwer randjie vir kliënte in ons Vumatel-netwerk geskep het,” sê Simon Swanepoel, uitvoerende hoof van RocketNet.

Onlangs het RocketNet besluit om ses minderbevoorregte skole in die Wes-Kaap te borg met gratis veselinternet van 1 000 Mbps. In sommige gevalle het RocketNet die ekstra myl geloop om veselkabels aan te lê. Die motivering was om te verseker dat onderrig kan voortgaan, selfs indien inperkings strenger gemaak word.

Vroeër vanjaar het RocketNet-kliënte in die OpenServe-netwerk soortgelyke behandeling ontvang toe hul veselinternetpakkette outomaties opgegradeer is.

Alle aanpassingsbesonderhede is op die RocketNet-sosialemediabladsye geplaas. RocketNet sal ook ’n brief met al die nodige besonderhede aan Vumatel-kliënte uitreik.

Só verander pakkette

  • 1. Die 10/10 Mbps-pakket word opgegradeer na die 20/10 Mbps-pakket vir R725 per maand. (Die eerste syfer is die aflaaispoed en die tweede die oplaaispoed.)
  • 2. 20/20 Mbps word opgegradeer na 50/50 Mbps vir R895 per maand.
  • 3. 50/50 Mbps word opgegradeer na 100/100 Mbps vir R1 045 per maand.
  • 4. 100/100 Mbps word opgegradeer na 200/200 Mbps vir R1 245 per maand.
  • 5. 200/200 Mbps word opgegradeer na 1 000/200 Mbps vir R1 495 per maand.
  • 6. Laastens word ’n nuwe pakket, 1 000/500 Mbps, teen R1 995 per maand beskikbaar gestel.
Meer oor:  Vumatel  |  Diensverskaffers  |  Veselinternet  |  Tegnologie  |  Internet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.