Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Rybewys dalk gou op jou foon

Amper die enigste rede waarom jy nog ’n beursie met jou saamdra, sal dalk binne die volgende paar jaar wegval.

Nuwe en ook elektroniese rybewyse is op pad wat dié rybewys gaan vervang.

Die departement van vervoer se afdeling wat rybewys-kaarte administreer, sê elektroniese rybewyse word nou moontlik danksy die groter beskikbaarheid van mobiele breëband landwyd.

Die afdeling, bekend as die Driving Licence Card Account (DLCA), het bekend gemaak dat hy mettertyd ’n nuwe mobiele of e-rybewys gaan instel wat motoriste die opsie gee om ’n fisieke kaart én ’n elektroniese rybewys aan te vra.

Dié plan is in die DLCA se jaarlikse prestasieplan vir 2021-’22 aangekondig.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het gesê die plan is dat e-rybewyse in 2022 ingestel kan word.

Die ontwerp van die fisieke kaart sal ook verander en ’n “veilige, hoëgehalte- en duursame kaart” wees.

Die nuwe voorgestelde rybewyskaarte sal nader aan internasionale praktyke wees en nuwe tegnologieë benut.

Die DLCA sal ook die produksieproses van die rybewyse moderniseer, wat ook nuwe masjinerie insluit wat onder meer lisensies vinniger kan druk.

Meer oor:  Rybewys  |  Data  |  Slimfone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.