Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
SA banke nie geraak deur Russiese kuberaanval
Russiese kuberkrakers is volgens Kaspersky besig om banke in Afrika rot en kaal te besteel. Foto: Unsplash

Suid-Afrikaanse banke tel nie onder die banke in Afrika suid van die Sahara wat deur ’n groep Russiese kuberkrakers geteiken word nie, het die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) bevestig.

Kaspersky, ’n Russiese vervaardiger van antivirusprogrammatuur, het vroeër vandeesweek ’n waarskuwing uitgereik dat hy “duisende kennisgewings” ontvang het van aanvalle op banke op dié vasteland.

Kaspersky glo dat ’n Russiese groep kuberkrakers genaamd Silence verantwoordelik is.

“Silence is bekend daarvoor dat hulle miljoene dollars van banke wêreldwyd gesteel het,” sê Kaspersky in ’n verklaring.

Silence dring deur tot ’n bank se stelsels deur ’n uitvis-e-pos aan een van die bank se werknemers te stuur.

Sodra die groep toegang tot die bank se netwerk verkry, begin hy inligting versamel oor die werknemer se daaglikse take.

Dit stel Silence uiteindelik in staat om ’n volskaalse aanval op die bank van stapel te stuur.

“Daar is tot dusver geen invloed op enige van ons banke nie en alle bankdienste gaan soos normaal voort,” sê Louise van der Merwe, woordvoerder van Sabric.

“Nietemin sien die bankbedryf kuberveiligheid in ’n ernstige lig en het hy strategieë ingestel om risiko’s af te weer.”

Sabric sal aanhou om die situasie te monitor.

Intussen vra Kaspersky dat werkgewers in die bankbedryf dadelik sy personeel se kennis opskerp sodat hulle makliker ’n uitvis-e-pos sal herken.

Die betrokke indringerware is deur Kaspersky as HEUR:Trojan.Win32.Generic,PDM:Exploit.Win32.Generic geïdentifiseer.

Meer oor:  Sabric  |  Kuberaanval  |  Banke  |  Bankdienste  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.