Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
SA help bou aan batterye vir elektriese voertuie

Suid-Afrika het pas begin om battery-materiaal te lewer aan die internasionale mark vir batterye vir elektriese voertuie.

Thakadu
Thakadu se nuwe nikkelsulfaat-affineerdery in Noordwes.

Thakadu Battery Materials het produksie begin by sy nuwe affineerdery van $20 miljoen (sowat R310 miljoen) van nikkelsulfaat by Sibanye Stillwater se platinummyn by Marikana in Noordwes.

Die aanleg het ’n produksievermoë van 30 000 ton gesuiwerde nikkelsulfaat per jaar. Dit word verwerk uit rou nikkelsulfaat wat weer onttrek word uit platinumgroep-metaalkonsentraat wat andersins teen ’n laer waarde verkoop sou word, het Danie Smit, bedryfshoof van Thakadu, in ’n verklaring verduidelik.

Thakadu hoop om vanjaar 16 000 ton te produseer en dit daarna tot 25 000 ton te verhoog.

Die vraag na nikkel vanuit die motorbedryf styg vinnig namate elektriese voertuie toeneem. Die verwagting is dat die vraag uit die motorbedryf die enkele grootste groeisektor vir nikkel oor die volgende 20 jaar sal wees.

Die verbruik van nikkelsulfaat groei reeds sedert 2014 teen 20% per jaar en dit is grootliks aangedryf deur die snelgroeiende sektor vir batterye vir elektriese voertuie, volgens die kommoditeitsnavorsingsfirma Roskill.

Roskill verwag die vraag na nikkelmateriale sal van sowat 90 000 ton tot 100 000 ton in 2020 tot 2,6 miljoen ton teen 2040 groei.

Thakadu het ’n toekenning van R50 miljoen van die departement van handel, nywerheid en mededinging gekry as deel van die skema vir swart nyweraars. Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het ook steun gegee aan die projek.

Die planne vir die aanleg is al in 2016 aangekondig toe die naburige platinummyn nog aan Lonmin behoort het. Sibanye-Stillwater het Lonmin se bedrywighede in 2019 oorgeneem. Aanvanklik is gehoop die affineerdery sou al teen 2018 in produksie gewees het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.