Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
SA het byna 95 m. aktiewe selfoon-rekeninge
Suid-Afrika het byna 95 miljoen aktiewe selfoonrekeninge wat oor die vier grootste netwerke versprei is. Foto: Unsplash

Suid-Afrika het byna 95 miljoen aktiewe selfoonrekeninge wat oor die vier grootste netwerke versprei is. Dit sluit in vooruitbetaalde simkaarte, sowel as diegene met kontrakte.

Dit beteken ook dat daar byna twee aktiewe simkaarte vir elkeen van Suid-Afrika se sowat 56 miljoen inwoners is.

Diensverskaffers tref nie ’n onderskeid tussen simkaarte wat in selfone gebruik word of wat deur ander toestelle soos tabletrekenaars, skootrekenaars of sekerheidskameras aan die internet verbind nie.

Daarom is die aantal aktiewe simkaarte soveel meer as die land se bevolking.

Gegrond op aantal gebruikers kraai Vodacom steeds koning as Suid-Afrika se grootste diensverskaffer, blyk uit die jongste beskikbare syfers.

Dié netwerk het volgens sy jongste kwartaalverslag, wat einde Julie uitgereik is, nou 43,1 miljoen kliënte in Suid-Afrika.

Vodacom speel egter wêreldwyd steeds tweede viool teenoor MTN, wat volgens sy jongste syfers nou meer as 223 miljoen gebruikers het waarvan 30,2 miljoen in Suid-Afrika is. Vodacom het 76,5 miljoen gebruikers wêreldwyd.

Cell C en Telkom suig sukkel-sukkel aan die agterspeen in die derde en vierde plek met onderskeidelik 16,3 miljoen en 5,2 miljoen plaaslike gebruikers.

Dié twee diensverskaffers doen nie tans sake buite Suid-Afrika nie.

Meer oor:  Mtn  |  Cell C  |  Vodacom  |  Selfone  |  Ikt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.