Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
SA internet: Kabels onder see byna herstel

Bykans al die foute op twee belangrike internet-kabels onder die see tussen Europa en Suid-Afrika is nou herstel.

Daar word verwag dat al die foute op die SAT-3/Wasc- en die Wacs-kabels teen Sondag uitgestryk sal wees.

Die kabels het albei op 16 Januarie op verskillende plekke gebreek, wat tot ’n merkbare afname in die internetspoed in Suid-Afrika gelei het.

Die Wacs-kabel, wat Suid-Afrika met Brittanje verbind, het op twee plekke gebreek. Tegnici aan boord van die Léon Thévenin het reeds die eerste fout langs die kus van die Demokratiese Republiek van die Kongo herstel.

Daarna sal die skip verder noord vaar om aandag aan die fout op die SAT-3/Wasc-kabel te gee. Die fout is iewers langs die kus van Libreville, die hoofstad van Gaboen.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsings-en-Opleidingsnetwerk (SANReN) het Donderdag op Twitter bevestig dat 'n ander groep tegnici tans besig is om die ander fout naby Bristol in Brittanje te herstel.

Die internetspoed in Suid-Afrika het intussen wel gestabiliseer namate diensverskaffers bykomende kapasiteit op van die ander ondersese kabels na Suid-Afrika aangeskaf het.

Meer oor:  Internet  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.