Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
SA se grootste WiFi-netwerk vou
Gratis WiFi is redelik algemeen beskikbaar. Foto: Unsplash

Die maatskappy wat Suid-Afrika se grootste openbare WiFi-netwerk bestuur, is in likwidasie nadat onderhandelings misluk het om nog finansiering te bekom. 

Die ondergang van Vast Networks is ’n groot knou vir sy meerderheidseienaar, MultiChoice, wat vroeër vanjaar afsonderlik genoteer is.

MultiChoice was tot onlangs nog deel van Naspers.

Dimension Data is ook ’n groot aandeelhouer in Vast.

Vast sal volgende week in likwidasie gaan nadat 18 maande van verkoopspraatjies ’n dooie punt bereik het, het ’n woordvoerder gesê.

Link Africa, ’n verskaffer van optieseveselnetwerke, het dit in ’n stadium oorweeg om Vast teen R450 miljoen te koop. “Geen ooreenkoms kon bereik word nie, en die direksie is van mening dat alle alternatiewe opsies nou uitgeput is,” sê 'n woordvoerder.

“Ondanks al ons pogings kon ’n volhoubare en winsgewende sakemodel nie gevind word nie. Die maatskappy het steeds maandeliks 'n handelsverlies gely.”

MultiChoice wou nie kommentaar lewer nie.

Openbare WiFi-netwerke soos Vast poog om winsgewend te wees deur kliënte ’n tarief te vra om deur middel van ’n derde party aan die internet te verbind. Met ander woorde, Vast verskaf nie die data nie, maar net die toegang daartoe. 

Die maatskappy het ook gepoog om deur middel van advertensies sy inkomste te verhoog.

Die diens kompeteer egter regstreeks met selfoonnetwerke en die WiFi van groot telekommunikasiegroepe. – Bloomberg

Meer oor:  Vast  |  Tegnologiemaatskappye  |  Likwidasie  |  Tegnologie  |  Wifi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.