Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
SA skepties oor 5G - maar die Yanks is veel erger!

Suid-Afrika is van die mees skeptiese lande ter wêreld as dit by 5G-tegnologie kom.

Gemiddeld word 13 780 soektogte per maand op Google in Suid-Afrika gedoen om antwoorde te kry op vrae soos “Versprei 5G Covid-19?”.

Volgens baie kenners gaan 5G een van die grootste veranderinge in die alledaagse lewe teweegbring.

5G se groot verskil is dat dit supervinnige internet sal bring met lae latensie, wat 5G die potensiaal gee om die volle vermoëns van ander gevorderde tegnologieë soos toegevoegde realiteit en internet van dinge (IoT) te ontsluit.

Ten spyte van die positiewe aspekte is baie mense steeds sinies daaroor, om nie eens te praat van die samesweringsteorieë nie.

Prolifics Testing wat geïnteresseerd is in tegnologie-tendense het die aanlyn-analise-instrument Ahrefs gebruik om vas te stel watter lande die meeste skepties oor 5G is.

Prolifics Testing het Google-soektogte deur individue soos “Is 5G gevaarlik?”, “Is 5G veilig?”, “Is 5G skadelik?”, “Hou 5G gesondheidsrisiko’s in?” en “Veroorsaak 5G die koronavirus (Covid-19)?” of “Help dit Covid-19 versprei?” as skeptiese aanlyn soektogte oor 5G geklassifiseer en gegroepeer.

Prolifics Testing het bevind dat die VSA die voortou neem – Amerikaners is die huiwerigste oor die opkomende tegnologie, met ’n verstommende 374 700 skeptiese aanlyn soektogte rakende 5G elke maand – die ekwivalent van 1 027 soektogte per dag!

In die tweede plek is Brittanje, waar 93 400 soektogte per maand gedoen word deur Britte wat verskillende aspekte van 5G bevraagteken.

Australië (32 970), Kanada (22 680) en Pole (20 510) is van die ander lande in die wêreld waar elke maand meer as 20 000 voorlopige aanlyn soektogte oor 5G is, onderskeidelik derde, vierde en vyfde.

Suid-Afrika is in die agtste plek, want daar is gemiddeld 13 780 twyfel-vrae oor 5G per maand deur bekommerde Suid-Afrikaners.

k

Ook in Afrika, is daar 6 850 aanlyn soektogte per maand deur Nigeriërs (13de plek) oor die moontlike negatiewe gevolge van 5G-tegnologie.

Aan die ander kant in die 20ste plek is Denemarke, waar gemiddeld net 1 410 skeptiese aanlyn soektogte deur Dene met betrekking tot 5G elke maand is.

155 lande op ses vastelande is individueel vir skeptiese aanlyn soektogte oor 5G-navorsing beoordeel.

Die aanlyn soekvolume-data wat vir elke land in die navorsing gebruik word, verteenwoordig gemiddelde maandelikse aanlyn soektogte.

By die ontleding van die data is elkeen van die mees algemene skeptiese aanlyn soektogte rakende 5G in Engels beoordeel, sowel as elke land se onderskeie primêre taal (waar van toepassing) om die betroubaarheid van die resultate te verhoog.

Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) het onlangs die mites oor 5G-tegnologie en die Covid-19-pandemie bespreek.

Hulle het bevestig dat daar geen verband tussen 5G en Covid-19 is nie.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Internet  |  Koronavirus  |  Entstof  |  Inperking  |  Breëband  |  Covid-19  |  Tegnologie  |  5G  |  Entstowwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.