Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
SA, skryf vir ons apps, vra Huawei

Huawei hou vandeesweek sy eerste sogenaamde ontwikkelaarsdag en nooi Suid-Afrikaners uit alle oorde om deel te neem en die maatskappy te help om nuwe apps, speletjies en programme vir sy eie bedryfstelsel te skryf.

Dié stap is deels in reaksie op die Amerikaanse handelsdepartement se verbod wat betref die gebruik van Amerikaanse programmatuur of dienste op enige Huawei-toestel.

Dié verbod is aanvanklik in Mei aangekondig, maar telkens met 90 dae uitgestel.

Huawei se Mate 30-slimfoon is wel in September bekend gestel sonder enige van Google se apps.

Die weergawe van Android wat dit gebruik, bevat nie Google se “Mobile Services”-diens nie en bied ook nie toegang tot die Google Play-winkel nie.

Richard Yu, Huawei se verbruikershoof, het op die bekendstelling gesê die maatskappy het $1 miljard begroot vir die ontwikkeling van sy eie apps.

Die eerste samekoms van Suid-Afrikaanse programmeerders vind Donderdag in Kaapstad plaas.

Huawei word steeds geraak deur ’n Amerikaanse verbod wat beteken hy kan nie soos voorheen van Google se apps en dienste gebruik maak nie.Foto: Getty Images

Volgens Likun Zhao, visepresident van Huawei se verbruikersgroep in Afrika en die Midde-Ooste, bedien Huawei meer as 15 miljoen gebruikers op die vasteland en is die byeenkoms uiters belangrik sodat die maatskappy sy eie ekosisteem van apps en dienste kan uitbou.

Weens die skerp toename in die aantal Huawei-gebruikers in Afrika, is dit nodig dat plaaslike programmeerders apps ontwikkel wat die daaglikse probleme van inwoners op die vasteland aanpak, sê Zhao.

Die apps word spesifiek geskryf vir Huawei se eie app-winkel, soortgelyk aan Apple wie se apps net in sy eie winkel beskikbaar is.

Huwei beskou ook sy ontwikkelaarsprogram as ’n “noodsaaklike stap” in die maatskappy se volgehoue ondersteuning van plaaslike programmeerders.

“Ons fokus op die skepping van ’n oop platform vir programmeerders wat hulle kan gebruik om hul apps ten toon te stel en waar ons hulle terselfdertyd op tegniese vlak kan ondersteun.”

Huawei hoop ook dat programmeerders meer videospeletjies vir sy app-winkel sal skryf.

Netwerk24 het in September berig die Huawei Mate 30 en die Mate 30 Pro gaan vir die afsienbare toekoms nie in Suid-Afrika beskikbaar wees nie, juis omdat dit nie met Google se dienste verkoop kan word nie.

Die maatskappy het wel onlangs sy nuwe Nova 5T-slimfoon hier bekend gestel. Dié toestel bevat wel al Google se produkte en dienste.

Die foon is egter vroeër in ander markte onder Huawei se volfiliaal Honor uitgereik as die Honor 20.

Meer oor:  Google  |  Huawei  |  Slimfone  |  Tegnologie  |  Verbod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.