Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
SA wetstoepassers kort tegnologie teen misdaad

Wetstoepassers sal baie beter tegnologies toegerus moet wees om hul werk te kan doen, sê adv. Hermione Cronje, hoof van die spesiale direktoraat wat op staatskaping fokus. “Ons het nie ’n weermag van ondersoekers nodig om die strate in te vaar nie, maar eerder ondersoekers wat agter ’n rekenaarskerm kan sit en data myn.”

Adv. Hermione Cronje, hoof van die spesiale direktoraat wat fokus op staatskaping Foto: ELIZABETH SEJAKE

Cronje het die afgelope week op ’n paneelbespreking oor die bekamping van handelsmisdaad gesê die sogenaamde marionettemeesters wat die toutjies trek, maak bykans nooit hul hande vuil nie. “Hulle verwyder hulleself van die misdryf.” Die enigste manier om hulle te vang is om deur hul e-posse te sif, hul foonoproepe na te gaan en te kyk met wie hulle skakel. Daarvoor is die nuutste tegnologie nodig, maar Suid-Afrikaanse wetstoepassers moet met ou, uitgediende tegnologie klaarkom.

“Ons het van die beste wette waaroor ander ontwikkelende lande maar net kan droom, maar ons sukkel om hierdie wette toe te pas.”

Nischal Mewalall, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse bankrisikosentrum, het gesê die land se banke vaar uitstekend met nuwe tegnologie om data te versamel en te ontleed en risiko te bestuur. “Dit is waar die staat faal. Die toekoms van die strafregstelsel lê in vennootskappe met die privaat sektor sodat hierdie nuwe tegnologie ook in wetstoepassing gebruik kan word.”

Ashish Gosai, hoof van die spesiale ondersoekeenheid in KwaZulu-Natal, het gesê dit is ontsettend moeilik om ’n saak teen verdagtes saam te stel, want handelsmisdaad is besonder ingewikkeld. Gosai sê 39 sake ter waarde van R4,9 miljard dien tans voor die spesiale ondersoektribunaal. “Maar die golf van korrupsie in die land is so oorweldigend dat dit selfs die vordering wat ons sover gemaak het verdwerg,” sê Gosai.

Meer oor:  Misdaad  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.