Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Samsung bevestig fout met jongste spogfone

Samsung in Suid-Afrika het bevestig daar is ernstige probleme met “sommige” van sy Galaxy- en Note-slimfone se vingerafdruktegnologie.

’n Fout het veroorsaak dat bykans enige persoon se vinger een van hierdie slimfone kon ontsluit.

In ’n verklaring Donderdag sê Samsung Suid-Afrika dat die fone se ingeboude sensors ’n ou vingerafdruk op die beskermde lagie van die foon bespeur, in stede van die eintlike vinger.

Die probleem blyk net met sommige tipe skermbeskermers te raak, sê Samsung.

Samsung het ’n bywerking van die vingerafdrukskandeerder se programmatuur uitgereik wat die fout regstel.

Die maatskappy raai egter almal met ’n Galaxy S10, S10+, of ’n Note 10, Note 10+ aan om skermbeskermers te verwyder wat die probleem veroorsaak het, die jongste programmatuur af te laai én al die geregistreerde vingerafdrukke op die toestel uit te vee en weer te laai.

Meer oor:  Samsung  |  Slimfoon  |  Tegnologie  |  Note 10
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.