Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Samsung se beteuterde voufoon glo ‘gereed’
A Samsung Electronics Co. Galaxy S10+ is arranged
Die nuwe Samsung Galaxy S10+ is in Februarie bekend gestel. Foto: Getty Images

Bykans drie maande nadat Samsung se eerste voubare foon op ’n skouspelagtige wyse in die hand van joernaliste wêreldwyd gebreek het, is dié peperduur foon glo “gereed” om weer uitgereik te word.

DJ Koh, mede-uitvoerende hoof van Samsung, het aan The Independent erken die maatskappy was oorgretig met die bekendstelling van die Galaxy Fold.

Dié foon is voor sy amptelike bekendstelling in April aan ’n handvol joernaliste gestuur om te toets waarna die een toestel ná die ander om verskeie redes gebreek het, hoofsaaklik weens probleme met die Fold se voubare skerm.

“Dit was ’n groot verleentheid,” het Koh erken.

’n Bron het aan Bloomberg bevestig dat Samsung die foute met die Fold reggestel het, en dat die toestel nou meer duursaam sal wees.

Maar steeds ongelooflik duur. Die plaaslike prys word op ongeveer R45 000 gereken.

Volgens die bron gaan die Fold waarskynlik weer aanstaande maand saam met die maatskappy se nuwe Galaxy Note 10 bekend gestel word.

Samsung het Dinsdag op sosiale media daarop gesinspeel dat die nuwe Note 10 op 7 Augustus bekend gestel gaan word.

Daar is nog bitter min inligting oor die Note 10 beskikbaar, buiten dat die ontwerp daarvan glo hemelsbreed van vorige modelle gaan verskil.

Daar word onder meer gegis dat die Note 10 net een kameralens gaan hê, in skrille kontras met bykans elke ander slimfoon tans beskikbaar wat (in die geval van die Nokia PureView) tot vyf lense het.

Amptelike uitnodigings na die bekendstelling is egter nog nie uitgestuur nie. Die foon sal waarskynlik gelyktydig in Suid-Afrika as elders beskikbaar wees.

Sommige joernaliste se Galaxy Fold-toestel het ná net twee dae begin breek. Foto: Mark Gurman

Huawei het intussen ook die bekendstelling van sy voubare foon, die Mate X, onbepaald uitgestel. Dit is glo gedoen sodat die maatskappy nie dieselfde flater as Samsung begaan deur sy voubare foon te vroeg uit te reik voordat hy die nuwe tegnologie behoorlik kon toets nie.

Waar Samsung se Galaxy Fold soos ’n boek na binne toevou, vou die Mate X na buite.

Die Mate X gaan nes die Fold ’n plaas se prys kos, na verwagting minstens R60 000.

Meer oor:  Samsung  |  Slimfoon  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.