Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Samsung se wins daal met 60%
Samsung is die grootste vervaardiger van elektronika ter wêreld.Foto: Getty Images

Samsung het Vrydag aangekondig hy het ’n uiters droewige kwartaal beleef met wins wat met 60% gedaal het vergeleke met dieselfde tydstip verlede jaar.

Sy inkomste is ook 14% laer, hoofsaaklik weens toenemende mededingendheid in die mark na elektronika, insluitend slimfone.

Die Suid-Koreaanse tegnologiereus se verwagte inkomste vir die eerste kwartaal van 2019 is heelwat laer as waarop ontleders gehoop het. Trouens, dit sal na verwagting die maatskappy se swakste kwartaal in meer as twee jaar wees.

Samsung het reeds verlede week ’n ongekende waarskuwing uitgereik aan beleggers dat sy wins waarskynlik skerp gaan daal in die eerste kwartaal.

Die aankondiging het wel nie ’n noemenswaardige impak op die maatskappy se aandeelprys gehad nie. Ontleders is steeds vol vertroue dat Samsung die vooruitsig in die tweede kwartaal kan omswaai en weer winsgewend word.

Sy winste word erg geknou deur ’n skerp daling in die prys van rekenaarskyfies, ’n stuk apparatuur wat Samsung ook vir mededingers soos Apple en Amazon vervaardig.

Totale verkope vir die eerste kwartaal tot einde Maart sal na verwagting $45,7 miljard beloop met ’n verwagte wins van $5,5 miljard.

Die maatskappy sal die finale syfers waarskynlik later vandeesmaand uitreik.

Samsung hoop verkope van sy jongste vlagskipfoon, die Galaxy S10, sal sy inkomste in die huidige kwartaal ’n hupstoot gee. Dié foon is einde Februarie uitgereik, maar ding nou met Huawei se nuwe P30-reeks mee wat ook onlangs die mark getref het.

Samsung is die wêreld se grootste vervaardiger van elektronika, insluitend slimfone. Huawei is kort op sy hakke met verwysing na die getal slimfone wat per jaar van die hand gesit word.

Meer oor:  Samsung  |  Slimfone  |  Tegnologie  |  Resultate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.