Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Samsung verduidelik geheimsinnige boodskap

Samsung het ’n verduideliking verskaf vir ’n geheimsinnige boodskap wat hy tussen Woensdagaand en Donderdagoggend aan miljoene gebruikers wêreldwyd gestuur het.

Sosiale media het Donderdag behoorlik gegons met Samsung-gebruikers wat wonder waarom hulle wakker geword het met ’n kennisgewing van hul Find My Mobile-app wat net die getal “1” bevat.

Duisende gebruikers het skermgrepe van die geheimsinnige boodskap op Twitter en Reddit gedeel en gewonder of kuberkrakers toegang tot hul slimfone gekry het.

Die boodskap was egter niksseggend en niks het gebeur as jy daarop geklik het nie.

Dit is onbekend hoeveel gebruikers die boodskap ontvang het, maar gebruikers van meeste nuwe Samsung Galaxy-fone blyk geraak te wees.

In ’n verklaring sê Samsung egter net ’n “beperkte aantal” gebruikers het deur die loop van Donderdagoggend vroeg die boodskap ontvang, en dat dit onopsetlik uitgestuur is.

“Die boodskap is tydens ’n interne toets uitgestuur en het geen impak op jou toestel,” sê Samsung op sy amptelike Twitterblad.

“Samsung vra om verskoning vir enige ongerief wat dalk veroorsaak is, en sal daaraan werk om soortgelyke voorvalle te voorkom in die toekoms.”


Meer oor:  Samsung  |  Slimfone  |  Boodskap  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.