Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Samsung verkoop R307 mjd. se slimfone in 3 maande
Samsung se hoofkantoor in Suwon-si, Suid-Korea. Foto: Verskaf

Samsung se afdeling vir mobiele tegnologie het ’n verstommende R307,44 miljard in die drie maande tot einde Desember verdien.

Dié afdeling se bedryfswins in dieselfde tydperk beloop meer as R31 miljard.

Tog is dit laer as ’n jaar gelede, hoofsaaklik weens gebrekkige belangstelling in sy nuwe vlagskipfone, sê Samsung.

Samsung het Donderdag sy resultate vir die vierde kwartaal sowel as die boekjaar tot einde Desember bekend gemaak. Hy het self die omskakeling na rand gedoen.

Sy totale inkomste uit al sy bedrywighede beloop R2 800 miljard. Die bedryfswins vir die jaar is meer as R342 miljard.

Sy afdelings vir rekenaarskyfies, slimfoonskerms en elektronika soos yskaste en wasmasjiene het swakker as verwag gevaar.

Sy goedkoper slimfone het heelwat beter verkoop as die duurder modelle, soos die Galaxy S10, die Note 10 en die peperduur Galaxy Fold wat deur die loop van 2019 uitgereik is.

Die winsgewendheid van hierdie duurder slimfone is verder geknou deur die bykomende koste daaraan verbonde om dit te bemark.

Samsung hoop dat sy verdienste uit nuwe slimfone in 2020 sal styg danksy ’n “goeie mengsel” van goedkoper slimfone en duurder modelle in sy S-reeks.

Die maatskappy plaas ook baie hoop op sy nuwe voubare foon, die Galaxy Z Flip, wat nou bekend gestel is.

LEES OOK: Nuwe Samsungs oortref alle verwagtinge

Terwyl verbruikers blykbaar goedkoper slimfone verkies, geld dieselfde nie vir Samsung se televisies nie.

Verkope van sy QLED-televisies, wat enigiets van R10 000 tot R100 000 elk kos, het verdubbel vergeleke met die vorige boekjaar.

Veral groter (en dus duurder) televisiestelle het soos soetkoek verkoop.

Samsung maak egter nie verkoopsyfers spesifiek vir Suid-Afrika bekend nie.

Hy verwag wel dat televisieverkope deur die loop van 2020 gaan taan weens “geopolitieke risiko’s”.

Die maatskappy se aandeelprys het Donderdag kort ná die uitreiking van sy resultate skaars geroer en was 0,3% hoër op 60 700 won (sowat R760).

Meer oor:  Samsung  |  Slimfone  |  Tegnologiemaatskappy  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.