Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
SA’ners gebruik 4,9 mjd. GB in een jaar

Suid-Afrikaners is nie skaam om hul slimfone vir vermaak en media te gebruik nie.

Al hoe meer Suid-Afrikaners kyk na video’s via stromingsdienste.Foto: Pixabay

“Om die waarheid te sê, baie Suid-Afrikaners het meer as een slimfoon. Statistieke wys daar is sowat 53 miljoen slimfone wat aan netwerke in Suid-Afrika gekoppel is,” sê Charles Stuart, ’n direkteur in die afdeling tegnologie, media en telekommunikasie by PwC. Die totale Suid-Afrikaanse bevolking is na raming vanjaar op net meer as 58,5 miljoen mense.

Stuart het Dinsdag PwC se jaarlikse verslag oor die vermaak- en mediabedryf in Rosebank, Johannesburg, bekend gemaak.

Volgens PwC het Suid-Afrikaners in 2018 4,9 miljard GB gebruik, waarvan minstens die helfte via slimfone gebruik is.

Die verwagting is dat dit teen 2023 tot sowat 18,7 miljard GB sal toeneem.

Stuart sê daar is veral ’n toename in die kyk van video’s via stromingsdienste.

“Dit gaan nie meer oor wat die verbruiker wil lees, kyk, luister of speel nie, maar hoe en waar hulle toegang daartoe kan kry.

“Maatskappye wat in hierdie sektor bedrywig is, sal verbruikers moet ontmoet waar hulle is. Hulle sal die diens of produk wat ’n verbruiker wil hê op die regte platform moet aanbied nog voordat die verbruiker daarvoor vra.”

Stuart sê die reeds snel groei in die digitale wêreld gaan verder versnel namate vyfdegenerasie- (5G) tegnologie toenemend beskikbaar word.

data

“5G gaan baie produkte en dienste aan Suid-Afrikaners bied wat hulle nie oor die bestaande infrastruktuur kan aflaai nie.

“Die koms van 5G sal die hele tegnologie-, media- en telekommunikasie-waardeketting oor die volgende dekade verander.”

LEES OOK: 5G is hier! Maar net in dié stede

Die vraag is of Suid-Afrikaners bereid is om vir inhoud te betaal.

Ons is te gewoond daaraan om inhoud verniet te kry.
Charles Stuart

Stuart verwag dat nuusdienste nog baie uitdagings moet oorkom. “Daar is nog nie ’n kultuur om vir inhoud op die internet te betaal nie. Ek is baie seker dit gaan nie werk om Suid-Afrikaners te vra om byvoorbeeld ’n bedrag na goeddunke te betaal vir ’n artikel wat hulle aanlyn gelees het nie.”

Hy sê betaalmure genereer wel ’n inkomste vir mediahuise, maar dit is nog nie genoeg om die verlies teen te werk wat hulle ly deur minder gedrukte produkte te verkoop nie.

“Ons is te gewoond daaraan om inhoud verniet te kry,” sê hy.

Stuart voorspel wel dat in die lig van die verandering in digitale dienste, adverteerders binne die volgende paar jaar meer geld aan advertensies op die internet sal bestee as aan advertensies op enige ander platform.

Verskillende dienste, soos musiek, video, speletjies en media, sal egter vir dié geld moet meeding.

Tans word die grootste deel van advertensiebegrotings aan TV-advertensies bestee.

PwC voorspel dat adverteerders teen 2022 meer geld aan digitale advertensies sal bestee as wat hulle aan TV-advertensies sal bestee.

stromingsdienste

Meer oor:  Pwc  |  Data  |  Stromingsdienste  |  Selfoondienste  |  Slimfone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.