Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Sasfin skep bank vir entrepreneurs aanlyn
Sasfin Bank se kantore in Waverley, Johannesburg. Foto: Google Streetview

Sasfin, een van Suid-Afrika se kleiner banke, het ook nou die digitale banksektor met mening betree.

Met dié dat mededinging reeds uiters straf is tussen die groter banke, het Sasfin besluit om eerder ’n ander benadering te volg.

Hy mik sy B//YOND-diens spesifiek op entrepreneurs.

Michael Sassoon, uitvoerende hoof van Sasfin, sê in ’n verklaring Sasfin was nog altyd daar om dienste aan entrepreneurs en beleggers te lewer.

“Dit pla ons dat soveel van die entrepreneurs in Suid-Afrika se ondernemings misluk.

“Ons het die laaste drie jaar tyd bestee om ons B//YOND-diens te ontwikkel om entrepreneurs te help,” sê hy.

Die bank sê egter nie hoeveel hy in die ontwikkeling van die diens belê het nie.

Volgens Sasfin wil hy dit vir entrepreneurs moontlik maak om al hul bankdienste aanlyn te kan doen sonder om ’n voet in ’n tak te sit.

Sasfin is reeds in 1951 gestig en het op 1 Januarie 1987 op die JSE genoteer.

Hy was een van die eerste banke wat hom van die omstrede Gupta-familie gedistansieer het.

Hy was Oakbay Investments se borg op die JSE, maar het dié verhouding reeds in Junie 2016 beëindig.

Meer oor:  Sasfin  |  Bankwese  |  Bank  |  Entrepreneurs  |  Aanlyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.