Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
SAUK: Stakers dreig om alle uitsendings te onderbreek

Die kommunikasiewerkersvakbond CWU dreig om Vrydag alle uitsendings van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) vier uur lank as deel van voortslepende stakingsaksie te onderbreek.

Die SAUK se hoofkantoor in Auckland Park, Johannesburg. Foto: Argief

Die SAUK berig dat ’n sloerstaking Donderdag gehou is.

Die werkers betoog al dae lank voor die SAUK se hoofkantoor in Auckland Park, Johannesburg. Hulle eis dat die 303 permanente werkers wat afdankingsbriewe ontvang het, nie afgedank word nie, maar wel die SAUK-raad.

Ian Plaatjies, bedryfshoof van die SAUK, sê egter dat die stakingsaksie nie Vrydag die uitsaaier se bedrywighede sal beïnvloed nie.

“Dit het geen invloed op sake nie. Wat die dreigement van ’n onderbreking betref, is ons eerstens ’n noodsaaklike diens. Dus weet ek nie hoe hulle ’n onderbreking kan beplan nie.”

Volgens hom het die SAUK maniere om dit te voorkom, wat in werking gestel sal word.

Plaatjies is oortuig daarvan dat daar geen onderbreking van die uitsendings sal wees nie.

Die stakers het Woensdag van Auckland Park na die Uniegebou in Pretoria gereis om ’n memorandum aan pres. Cyril Ramaphosa te oorhandig.

Daar is ook sprake dat die stakers werknemers intimideer wat wel werk.

Plaatjies sê die uitsaaier het geldige klagtes ontvang en sal sy werknemers beskerm.

Aubrey Tshabalala, hoofsekretaris van die CWU, sê egter hul staking is wettig en sal verskerp word.

Meer oor:  Sauk  |  Joernaliste  |  Staatsondernemings  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.