Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
SAUK wil lisensies afskaf, soek nou ‘heffing’

Die SAUK wil die “uitgediende konsep” van TV-lisensies afskaf en eerder ’n tipe belasting van alle huishoudings hef, ongeag of hulle ’n TV het of nie.

Die SAUK wil wegdoen met die konsep van TV-lisensies. Foto: SAUK

Dit is gegrond op die beginsel dat alle huishoudings teoreties toegang het tot die SAUK se radio- en TV-kanale, hetsy aanlyn of op ander platforms.

Luidens dié voorstel, vervat in die SAUK se Witskrif oor Oudiovisuele Inhouddienste, wat deel is van voorgestelde wysigings aan die Uitsaaiwet, sal betaaltelevisiedienste soos MultiChoice dié heffing namens die SAUK moet invorder. Die SAUK sal die heffing self invorder van diegene wat nie op ’n betaaltelevisiediens ingeskryf is nie.

Netwerk24 het MultiChoice om kommentaar genader oor die voorstel, maar nog geen terugvoering ontvang nie.

Luidens die witskrif is die SAUK nie ten gunste van ’n heffing vir toestelle of tegnologie nie; hy wil eerder ’n heffing vir toegang tot openbare uitsendings instel.

Die voorstel is dat dit op alle huishoudings gehef word, met vrystelling vir behoeftiges en afslag vir pensioenarisse.

Volgens die witskrif is ’n soortgelyke stelsel van huishoudelike heffings in 2018 deur die Duitse konstitusionele hof as grondwetlik verklaar, aangesien dit “spesifiek is vir die finansiering van openbare uitsaaidienste, wat fundamenteel is vir die demokrasie”.

Die Duitse hof het ook bevind selfs al benut ’n huishouding nie openbare uitsendings nie, het die huishouding “ ’n realistiese vermoë om dit te kan gebruik”.

Die SAUK sê dit sal soortgelyk wees aan munisipaliteite wat verkeersboetes en motorlisensiegelde invorder.

Volgens die SAUK is die definisie van ’n TV-lisensie verouderd en moet dit aangepas word.

Meer oor:  Sauk  |  Media  |  Openbare Uitsaaier  |  Tv-Lisensie  |  Staatsondernemings  |  Televisie  |  Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.