Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Seacom bied nou ook veselinternet

Seacom, eienaar van een van die eerste ondersese kommunikasiekabels wat Suid-Afrika aan Europa verbind, gaan nou sy eie internetdiensverskaffer bedryf.

Suid-Afrika kry eersdaags nog ’n internetdiensverskaffer.Foto: Unsplash

WonderNet begin op 1 Mei sake doen en sal veselverbindings aan huishoudings verskaf.

Steve Briggs, kommersiële hoof by Seacom, sê dit is die ideale tyd om ’n nuwe internetdiensverskaffer bekend te stel omdat soveel Suid-Afrikaners nou van die huis af moet werk en vinnige, betroubare internet benodig.

Seacom glo dat sy kennis op die gebied van konnektiwiteit hom van ander internetdiensverskaffers sal onderskei wat reeds ’n geruime tyd in die bedryf is.

WonderNet gaan van Seacom se bestaande netwerk kabels gebruik maak, wat gebruikers toegang gaan gee tot “een van die mees veerkragtige veselnetwerke ter wêreld,” sê Briggs.

Die nuwe diens gaan “landwyd beskikbaar wees,” sê Briggs. WonderNet sal op sy webwerf aandui watter dorpe en stede gedek is.

Die nuwe internetdiensverskaffer het geen aanduiding gegee van of sy pryse gunstig sal meeding met bestaande diensverskaffers s’n nie.

Al sy pakkette sal wel onbeperkte internettoegang bied wat wissel in spoed van 10 Mbps tot 1 Gbps.

Bestellings open op 1 Mei. Geen installasiekoste word gehef nie en WonderNet gaan gedurende die staat van inperking (ongeag die vlak) sake doen.

Die Seacom-kabel het die vermoë om 12 terabis data per sekonde tussen die ooskus van Suid-Afrika en Europa te vervoer. Die kabel is in privaat besit met Remgro en Sanlam wat albei ’n beduidende aandeel daarin het.

Meer oor:  Seacom  |  Veselinternet  |  Tegnologie  |  Internet  |  Diensverskaffers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.