Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Showmax saai nou ook nuus uit
’n Man kyk na ’n program op Showmax op ’n tabletrekenaar. Foto:

Showmax gee nou, nes DStv Now, sy intekenare toegang tot regstreekse uitsendings van nuuskanale sodat hulle ingelig kan bly oor die koronavirus-pandemie tydens die staat van inperking.

Sewe plaaslike en internasionale nuuskanale kan nou teen geen bykomende koste regstreeks op Showmax gestroom word, het die stromingsdiens Donderdag gesê.

Die nuuskanale wat gestroom kan word, is:

  • BBC World News
  • SABC News
  • Sky News
  • CNN
  • Newzroom Afrika
  • Al Jazeera
  • Euronews

eNCA is nie ingesluit nie.

Die kanale kan tans net gestroom word op Showmax op ’n skootrekenaar of op ’n nuwe Samsung- of LG-slimtelevisie.

Showmax beplan om die nuuskanale binnekort op sy Android- en iOS-app beskikbaar te stel.

“Hierdie is maar net nog een manier om ingelig te bly tydens die staat van inperking,” sê Showmax.

Al dié nuuskanale, eNCA ingesluit, is reeds vir meer as ’n week gratis op DStv Now beskikbaar.

Afgesien van die nuuskanale bied DStv Now in hierdie tyd ook gratis toegang tot die weerkanaal (kanaal 180), SuperSport Play (kanaal 238) en PBS Kids (kanaal 313).

Die nasionale staat van inperking tree om middernag in werking.

Meer oor:  Dstv Now  |  Showmax  |  Tegnologie  |  Staat Van Inperking  |  Televisie  |  Stromingsdienste  |  Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.