Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Showmax sny sy goedkoopste tarief

Te midde van kwaai mededinging onder stromingsdienste het Showmax aangekondig hy verlaag sy goedkoopste tarief.

Showmax sport
Showmax se opsie vir een toestel kos voortaan R39.

Die tarief, vir mense wat ingeteken is om Showmax op slegs een mobiele toestel te kyk, word met R10, oftewel 20%, van R49 tot R39 verlaag.

Dit word reeds Maandag (19 April) van krag.

Alle ander tariewe, dus vir mense wat ingeteken is om Showmax op meer as een toestel te kyk, bly onveranderd.

Die standaard-Showmax-plan bly R99, Showmax Pro bly R445 en Showmax Pro Mobile bly R225 per maand.

Promosiebundels sal nie deur die verandering beïnvloed word nie.

Ter vergelyking wissel Netflix se opsies van R99 tot R169.

Yolisa Phahle, uitvoerende hoof van MultiChoice se afdeling Connected Video, motiveer die stap as volg: “Ons weet dat verbruikers onder druk is en ons glo dat dié verandering deur ons mobiele klante waardeer sal word, asook die besluit om nie verdere verhogings op ons ander pryse deur te voer nie.”

Showmax vervaardig deesdae heelwat oorspronklike programme vir Suid-Afrikaners en belowe ’n jaar van “trots Suid-Afrikaanse” televisie lê voor.

Dit sluit in Skemerdans, ’n moordstorie wat op die Kaapse Vlakte afspeel en Temptation Island, Showmax se eerste internasionale werklikheidsreeks.

Meer oor:  Netflix  |  Multichoice  |  Showmax  |  Tegnologie  |  Televisie  |  Stromingsdienste  |  Betaaltelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.