Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Skoknuus: Telkom wil 3 000 mense aflê

Telkom gaan tot 3 000 van sy 9 509 personeellede – nagenoeg ’n derde van sy arbeidsmag – aflê.

Een van Telkom se winkels. Foto: Getty Images

In ’n brief wat Woensdag aan vakbonde gestuur is, sê die telekommunikasiemaatskappy die daling in die gebruik van stemoproepe en vastelyndata (ADSL), sowel as “bedryfsondoeltreffendhede” is die belangrikste redes waarom soveel werknemers oortollig geword het.

Die eerste van twee rondes afleggings is by OpenServe, asook inligtingstegnologie en verbruikersdienste. Daar word voorsien dat hierdie werknemers reeds teen einde April vanjaar Telkom se diens sal verlaat.

OpenServe is Telkom se afdeling wat groothandeldienste verskaf. Dis ook sy grootste afdeling, met 7 899 werknemers. Telkom sê OpenServe se bedryfstruktuur is opgestel vir steun aan vastelyndienste, en so ook ’n groot deel van sy verbruikersafdeling.

Die tweede ronde afleggings is by Telkom se korporatiewe afdeling, waar 310 mense werk. Daar word voorsien dat dié ronde teen Augustus afgehandel sal wees.

Die brief stel vakbonde in kennis van die herstrukturering ingevolge art. 189 en art. 189A van die Wet op Arbeidsverhoudinge. Die vakbonde waarvan Telkom-werkers lid is, is Solidariteit, die Communication Workers Union (CWU), die South African Communications Union (Sacu) en die Information Communication Technology Union (Ictu).

Die eerste onderhandeling oor afleggings of ander opsies vind op 22 Januarie plaas.

Telkom sê al hoe meer mense skuif na mobiele data en vesel, gebiede waarop hy ’n veel kleiner rolspeler is.

Telkom blameer ook kwaai mededinging vir goedkoop data, insluitend die beweging #DataMustFall, en probleme met reguleerders, soos beheer oor pryse en die gesloer met die verkoop van breëbandspektrum, vir die afleggings. Daarby blameer hy ook die swak makro-ekonomie.

Johan Botha, Solidariteit se adjunk-hoofsekretaris en woordvoerder oor kommunikasie, sê hoewel daar nou al lank gerugte van afleggings is, het die aankondiging hulle onkant betrap. Die omvang van die afleggings is ook buitengewoon hoog.

Meer oor:  Telkom  |  Internet  |  Telekommunikasie  |  Data  |  Afleggings  |  #Datamustfall  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.