Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Slimfone in SA volgens markaandeel
Huawei se slimfone bly baie gewild in Suid-Afrika, al het sy toestelle nie meer toegang tot Google se dienste nie. Foto: Unsplash

Suid-Afrikaners blyk steeds gek te wees oor slimfone van Samsung, wys syfers van die internasionale marknavorser StatCounter.

Volgens StatCounter was Samsung se markaandeel in Suid-Afrika aan die einde van Augustus 34,36%.

Dit is ietwat minder as ’n jaar gelede toe sy markaandeel 35,07% was.

Samsung is steeds verreweg die gewildste handelsnaam vir slimfone onder Suid-Afrikaners.

Terwyl Samsung die afgelope jaar effens markaandeel verloor het, het Huawei s’n met bykans 4% tot 18,02% toegeneem.

Dis ten spyte van die Amerikaanse handelsverbod wat beteken Huawei mag nie meer enige van Google se produkte en dienste by sy toestelle insluit nie.

Huawei het verskeie nuwe vlagskipfone deur die loop van die jaar uitgereik, insluitend die P40 en P40 Pro. Albei dié toestelle bevat geen van Google se dienste nie.

Apple is steeds die derde gewildste handelsnaam vir slimfone in Suid-Afrika, maar sy markaandeel hier is besig om erg te taan.

Apple-toestelle verteenwoordig nou 10,57% van die Suid-Afrikaanse mark teenoor 15,52% ’n jaar gelede. Hy het heelwat markaandeel aan vervaardigers soos Huawei, Tecno, Oppo en Xiaomi afgestaan.

Oppo se stewige groei in Suid-Afrika is interessant omdat die maatskappy tot onlangs geen amptelike teenwoordigheid in die land gehad nie.

Oppo het Vrydag eers sy toetrede tot die Suid-Afrikaanse mark aangekondig met die bekendstelling van drie nuwe slimfone.

Tog geniet Oppo reeds ’n markaandeel van bykans 4%. ’n Jaar gelede was dit 1,83%.

Vivo, nog ’n Chinese handelsnaam wat in Desember 2019 in Suid-Afrika bekend gestel is, verskyn nog nie eens op StatCounter se lys nie.

Xiaomi, ook van China, kry ook al meer aftrek in Suid-Afrika met sy markaandeel wat van 1,16% tot 2,88% gestyg het.

Nokia is egter besig om steeds agteruit te boer en sy plaaslike markaandeel het van 2,15% tot onder 2% gekrimp.

slimfone

Meer oor:  Oppo  |  Samsung  |  Apple  |  Huawei  |  Slimfoon  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.