Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Slimfone twee keer meer ‘besmet’
Foto ter illustrasie.

Slimfone word nou sowat twee keer meer “besmet” met virusse en skadelike sagteware (“malware”) as ’n jaar gelede.

En as jy ’n slimfoon gebruik met Android as die bedryfstelsel, soos Samsung se slimfone, dan is die moontlikheid groter dat jou foon geraak is.

Daar was ’n skerp toename in die voorkoms van “malware” op slimfone in die eerste helfte van die jaar, volgens Nokia se Threat Intelligence Report vir die eerste helfte van 2016.

Volgens die verslag het slimfooninfeksies amper verdubbel tussen Januarie en Julie vergeleke met die tweede helfte van 2015.

Die Android-bedryfstelsel, waarop onder meer Samsung-fone bedryf word, is die bedryfstelsel wat die meeste geteiken word, volgens Nokia.

Sowat 74% van alle infeksies is op slimfone wat Android gebruik, volgens die verslag.

Die bedryfstelsel wat volgende in die ry is, is Windows, met 22% van alle infeksies.

Ander platforms, insluitend iOS-toestelle (Apple se bedryfstelsel), verteenwoordig sowat 4% van besmette toestelle.

Kevin McNamee, hoof van die Nokia Threat Intelligence Lab, sê kubermisdadigers teiken vandag ’n wyer reeks van apps en platforms en hulle ontwikkel ook meer gesofistikeerde en verwoestende vorms van “malware”.

Van die ander bevindings in die verslag:

  • Die gemiddelde slimfooninfeksiekoers het met 96% toegeneem in die eerste helfte van die jaar vergeleke met die tweede helfte van 2015.
  • In April 2016 het mobiele infeksies ’n rekordhoogtepunt bereik en is 1,06% van alle mobiele toestelle deur verskeie virusse geraak.
  • In April is een uit elke 120 slimfone besmet met ’n vorm van “malware”.
  • Die getal Android-apps wat besmet was, het met 75% toegeneem van 5,1 miljoen in Desember 2015 tot 8,9 miljoen in Julie 2016.

Meer oor:  Windows  |  Android  |  Ios  |  Tegnologie  |  Malware  |  Ikt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.