Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Só gaan iPhone 12 jou sak in SA ruk
Die nuwe iPhone 12 is van 18 Desember in Suid-Afrika beskikbaar. Dit sal na verwagting R19 000 kos. Foto: Getty Images

Die jongste iPhone gaan jou oudergewoonte weer ’n paar duisend rand uit die sak jaag.

iStore, wat namens Apple sy produkte in Suid-Afrika verkoop, het Vrydag die prys van al die verskillende iPhone 12-modelle aangekondig.

Die goedkoopste model, die iPhone 12 mini, kos R16 000 vir die goedkoopste weergawe (met 64 gigagrepe stoorplek).

Die duurste nuwe iPhone (die iPhone 12 Pro Max met 512 gigagrepe stoorplek) kos ’n stewige R33 000.

Suid-Afrikaners wag reeds bykans twee maande op plaaslike pryse vir die nuwe iPhones nadat die toestelle reeds vroeg in Oktober in Amerika bekend gestel is.

Weke lank het die iStore geen woord gerep oor wanneer die toestelle hier uitgereik gaan word nie.

Vodacom het vroeër vandeesweek bevestig die iPhone 12 is van 18 Desember in Suid-Afrikaanse winkels.

Die diensverskaffers het nog nie hul kontrakpryse vir die verskillende modelle bekend gemaak nie.

Die plaaslike prys van die nuwe iPhone is in sommige gevalle tot 67% duurder (in randwaarde) vergeleke met die dollarprys in Amerika.

iphone

Die standaard iPhone 12 kos $749 in Amerika, oftewel R11 359 teen die huidige wisselkoers.

Die Suid-Afrikaanse prys beloop egter R19 000 vir dieselfde model. Dit is 67% duurder.

Die iPhone 12 mini is 63% duurder in Suid-Afrika, terwyl die iPhone 12 Pro en iPhone 12 Pro Max onderskeidelik 55% en 56% duurder is as in Amerika.

Die plaaslike prys word opgestoot weens die rand-dollar-wisselkoers, invoerkoste en toegevoegde belasting op elektroniese ware.

Die prys van verlede jaar se iPhone 11 het by R15 000 begin vir die goedkoopste weergawe tot so duur as R32 400 vir die iPhone 11 Pro Max met 512 gigagrepe stoorplek.

Dit was toe die duurste iPhone.

Teen R33 000 is die iPhone 12 Pro Max met dieselfde hoeveelheid stoorplek die duurste iPhone nog.

Al vier nuwe iPhone-modelle – die iPhone 12 mini, die iPhone 12, die iPhone 12 Pro en iPhone 12 Pro Max – sal van 18 Desember in winkels en by al die diensverskaffers beskikbaar wees op kontrak.

Meer oor:  Apple  |  Slimfone  |  Tegnologie  |  Iphone 12
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.