Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Só gaan Microsoft se nuwe Windows lyk

Dit lyk amper asof niks op die internet veilig is nie – natuurlik nie kaalfoto’s nie, maar ook nie inligting oor die nuutste Windows-bedryfstelsel nie.

Microsoft se komende Windows 11-bedryfstelsel is Donderdag aanlyn uitgelek.

LEES OOK: Mans begaan $5 m. se fout met vrou se kaalfoto’s

Dit blyk groot maatskappye sukkel deesdae om hul inligting te beskerm. Net onlangs is die videospeletjie-ontwikkelaar Electronic Arts se gewilde sokkerspeletjie Fifa 21 deur kuberkrakers aangeval.

Só lyk die nuwe Windows 11 glo.Foto: The Verge

Volgens Vice het die kubermisdadigers ongeveer 780 gigagrepe se data gesteel.

The Verge berig dat skermgrepe van die nuwe Windows 11 vir die eerste keer op die Chinese webwerf Baidu gepubliseer is.

Die hele Windows 11-bedryfstelsel het aanlyn verskyn, met ’n nuwe gebruikerskoppelvlak, Start-menu en nog baie meer.

Die nuwe Windows 11-gebruikerskoppelvlak en die Start-menu lyk baie soos wat oorspronklik in Windows 10X gevind is.

Microsoft het Windows vir toestelle met dubbele skerms vereenvoudig voordat dit die projek ten gunste van Windows 11 gekanselleer het.

Die grootste veranderinge wat opgemerk is, kan visueel langs die taakbalkie gevind word. Microsoft het die apps gesentreer, en ’n nuwe Start-knoppie en menu ingesluit.

Volgens die uitgelekte beelde is die opgedateerde Start-menu ’n baie meer vereenvoudigde weergawe van wat tans in Windows 10 bestaan, sonder die Live Tiles.

Dit bevat vasgepende apps, onlangse dokumente en die vermoë om Windows 11-toestelle vinnig af te skakel of weer te begin.

As jy nie die apps in die Start-menu wil hê nie, is daar ’n opsie om dit alles weer na die linkerkant te skuif. Tesame met die donker modus wat ook beskikbaar is, lyk Windows 11 na ’n meer verfynde weergawe van Windows 10, eerder as iets dramaties nuut.

Microsoft het ook ’n nuwe installasie-ervaring in Windows 11. Dit is baie soortgelyk aan Windows 10X. Die ervaring bevat ook ’n nuwe Start up-klank.

Microsoft verbeter ook die Xbox-ervaring in Windows 11. Die nuwe Xbox-app is nou in Windows 11 geïntegreer en bied vinnige toegang tot Xbox Game Pass-speletjies.

Luister in dié twiet na Windows se nuwe Start Up-klank.


Meer oor:  Windows 11  |  Microsoft  |  Bedryfstelsel  |  Tegnologie  |  Rekenaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.